In Groen word verskeie spesies onder die mikroskoop geplaas en jy sien wat ‘n dag in die lewe van kruipende, vlieënde, seilende en ander diersoorte behels - waar hulle woon, met wie hulle dié spasie deel en hoe hulle hul gedra.

Groen is Suid Afrika se eerste plaaslik vervaardigde natuurleweprogram wat fokus op die wonders van die natuur. Dit is nie 'n program oor kwellende vraagstukke of omgewingskwessies nie, maar wys jou die natuur net soos dit is...die verskeidenheid en kompleksiteit van diere en plante en hoe alles saamleef en -werk.

Groen is vervaardig deur ‘n klein span in samewerking met vennote in bewaring (insluitende WWF SA en The Endangered Wildlife Trust), sowel as toerisme-owerhede en akademiese navorsingsinstitute.

Sondagaande @ 20:00; Maandae @ 13:00; Dinsdae @ 07:00; Donderdae @ 16:00; Saterdae @ 07:00
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan groen@kyknet.co.za.

Nuus

Vreemde seedier

Kowie Fourie van Pretoria vertel dat haar kinders op hierdie seedier afgekom het. Wat kan dit wees?

Lees Meer

Grillerig!

Gerrie, 'n gereelde kyker van Groen, wil graag watter tipe spinnekop hierdie is en of dit giftig is...

Lees Meer

Vreemde spinnekop

Een van Groen se kykers, Heike Wilken, het hierdie spinnekop in sy huis ontdek en wil graag weet watse spinnekop dit is.

Lees Meer

Is dit 'n eekrot?

Adriaan, 'n gereelde kyker van Groen, het dié interessante foto ingestuur vir die Groen-span. Kyk wat het hulle daaroor te sê...

Lees Meer

Kyk net so 'n kewer!

'n Groen-kyker, Phillip Nieuwoudt, het dié interessante kewer by die Spoegriviermond aan die Weskus in die Namaqua Nasionale Park gesien. Ons kenners by Groen vertel meer oor die kewer...

Lees Meer

'n Albino buffel?!

Elize Olivier het dié foto van 'n albino buffel ingestuur wat sy buite die Berg-en-dal kamp in die Krugerwildtuin gewaar het. Die Groen-kenners verduidelik dié rare verskynsel...

Lees Meer

Waaraan suig die kameelperd??

'n Kyker het 'n interessante verskynsel waargeneem - 'n kameelperd wat 'n bokhoring suig! Ons kenners by Groen verduidelik aan haar hoekom die kameelperd dit gedoen het...

Lees Meer

Spinnekoppe - skadelik of nie?

'n Groen-kyker, Renay le Roux, het 'n paar spinnekoppe by haar huis en sy wil weet of hulle skadelik is. Esther antwoord haar...

Lees Meer

My vriende in lae plekke

Marius Burger, Groen se slangkenner, soek gereeld na reptiele in nuwe natuurplekke. Hy vertel hoekom hy so lief is vir sy werk.

Lees Meer

Esther word bekoor deur die Sederberge

Groen-aanbieder Esther van der Westhuizen, vertel wat van die Sederberge laat haar keer op keer in verwondering.

Lees Meer

Meer Nuus

Esther van der Westhuizen

Esther van der Westhuizen fokus op Groen op die kleiner diere wat ons so maklik miskyk - die insekte, spinnekoppe en skerpioene, en ook kleiner soogdiertjies soos muise. Esther het haar debuut as Groen-aanbieder op 17 Augustus 2008 gemaak, met ´n heerlike program oor die goggas van die Groot Karoo!

Esther het in 1986 by die Universiteit van Wes-Kaap as dosent in Dierkunde begin werk, nadat sy haar M.Sc. Dierkunde by die Universiteit van Stellenbosch voltooi het. Sy het vir sowat 9 jaar daar klas gegee, waarna sy saam met haar ma die skoenlapper- en insekpark, Butterfly World, begin het.

Deur met skoenlappers en ander goggas te werk het ‘n wêreld vir Esther oopgegaan wat haar al geneem het vanaf die reënwoude van Maleisië en Kenia, na die Sonorawoestyn in Arizona, skoenlapperparke in Europa, Australië, Asië en VSA. Sy stel belang in die opvoedkundige waarde, asook die welstand, van diere wat vertoon word in dieretuine, en dien op die uitvoerende komitee van die African Association of Zoos and Aquaria.

In die laaste paar jaar het haar belangstelling begin neig na spinnekoppe, veral toe sy begin agterkom het hierdie groep diere is ongelooflike divers, interessant, misterieus, glad nie gevaarlik nie, en mooi, mooi, mooi!

Marius Burger

Dit wat grillerige gediertes is vir die meeste van ons, beskou Marius as sy vriende in lae plekke. Al van skooldae af vang hy alles wat wriemel en seil en kruip en spring, en met die jare heen het hy al wyd en suid gereis op soek na reptiele en amfibiërs. In Gaboen het hy vir maande lank die reënwoude verken tydens herpetologiese opnames vir die Smithsonian Instituut, en het hier selfs gehelp met krokodil-flilms saam met National Geographic.

In die Sentraal Afrika Republiek het hy ‘n bietjie teenspoed opgetel toe ‘n klein burgeroorlogie hier uitgebreek het. Sy medewerkers en hy kon gelukkig hierdie penarie ontglip deur met die Dzanga Rivier af te roei en toe met ‘n ompad deur Kameroen en Frankryk het hulle weer die pad huistoe gevind.

Op sy eerste besoek aan Kenya het hy ‘n nuwe padda spesie ontdek binne 15 minute van sy vertrek vanaf die lughawe. Die huurmotor se venster was oop, en Marius het die bestuurder laat stop toe hy die roepe van ‘n onbekende blikslanertjie vanuit ‘n poeletjie langs die pad gehoor het. In Madagaskar is ‘n nuwe spesie padda na hom vernoem - Boophis burgeri - of Burger se Glinsteroog.

Marius se pa wou gehad het dat hy ‘n gesondheidsinspekteur moes word, maar gelukkig vir ons almal het Marius daarteen besluit en eerder ‘n loobaan in natuurbewaring gevolg. Hy was vir 11 jaar ‘n navorsingsassistent by Oos-Kaap Natuurbewaring en is tans die projekherpetoloog vir SARCA (Southern African Reptile Conservation Assessment) - ‘n inisiatief wat ten doel het om die Rooidataboek vir reptiele van Suid Afrika, Lesotho en Swaziland te hersien.

Hy is een van die redakteure van die Suid Afrikaanse Padda Atlas Projek wat in 2004 gepubliseer is en het onlangs saam met Krystal Tolley van SANBI ‘n boek oor Suid-Afrika se verkleurmannetjies geskryf.

Dave Pepler

5 Januarie 2004 het Dave in die eerste episode van Groen verskyn en sedertdien is hy elke week op die kassie te sien. Elke keer in 'n nuwe omgewing, besig om die wonders van ons natuur te verken. Junie 2006 is die 100ste episode van Groen uitgesaai, met hom natuurlik as aanbieder.

Die Groen-span besoek Namibië, Botswana, Tanzanië, Zanzibar en natuurlik Suid-Afrika gereeld en sorg vir nuwe episodes elke week. Dave bied aan kykers 'n persoonlike ervaring van ons natuurskoon - van die oewerkonyn, suidelike Noordkaper walvis, seeskilpaaie langs die Natalse kus, krokodille en seekoeie van die Okavango, die wêreld se grootste landkrap en 'n ontmoeting met die Rooi kolobus van Zanzibar. Hy waag ook gereeld sy lewe om kykers nader aan gevaarlike diere te bring- van boomslange tot die skaars Gaboen-adder - en duik selfs tot dieptes van 38 meter agter die groen seeskilpad aan!

As jy vir Dave ontmoet, besef jy die natuur is sy passie, maar wat hy die meeste geniet is om dit met jou te deel. Hy is in Robertson gebore en sy heel eerste ontmoeting met die veld was saam met sy oupa, Boy le Roux, wat hom speels in 'n kruiwa uit die dorp gestoot het om die veld te gaan verken. Dave se belangstelling in die veld was dus amper 'geneties' en vorm die basis van sy bestaan.

Dave het aan die Hoërskool Robertson gematrikuleer, waarna hy Bosbou aan Saasveld-bosboukollege gestudeer het. Hy het later 'n M.Phil-graad in Dierkunde aan Cambridge Universiteit verwerf. Tot met sy aftrede in 2005 was hy 'n senior lektor by die Universiteit van Stellenbosch se Departement Bewaringsekologie.

Tans is hy verbonde aan die CIB (Centre for Invasive Biology) by die US en gee steeds klas by Bewaringsekologie. As omgewings-konsultant strek Dave se bydrae tot diep in Afrika en Chile, Tanzanië en Uganda. Hy skryf gereeld artikels en bydraes vir VISI en Insig-tydskrifte.


Groen: 8 April 2012

In ons tweede aflewering van kommunikasie by diere kuier Esther by Entabeni Natuurreservaat.

In ons tweede aflewering van kommunikasie by diere kuier Esther by Entabeni Natuurreservaat waar sy kyk hoe diere die sintuie wat in die vorige episode  Bespreek is, inspan om te kommunikeer.
Lees Meer

Groen: 1 April 2012

Die eerste aflewering van twee episodes oor kommunikasie. Esther vergelyk die mens se sintuie met die van sommige diere.

In ons eerste van twee episodes oor kommunikasie by diere vergelyk Esther die mens se sintuie met die van sommige diere - van die saamgestelde oë van insekte tot die ultra-violet visie by voëls.
Lees Meer

Groen: 25 Maart 2012

Dave besoek die Samara Privaat natuurreservaat, wat net buite Graaf-Reinett in die Oos-Kaap lê.

Samara Privaat natuurreservaat lê net buite Graaf-Reinett in die Oos-Kaap. Alhoewel dit in die Karoo geleë is kom hier vier biome bymekaar wat ‘n verskeidenheid van dierelewe tot gevolg het.
Lees Meer

Groen: 18 Maart 2012

Dave verken die onderbos van die Knysna woud en kom op ‘n paar interressante organismes af.

Die onderbos van ‘n woud is ryk aan lewe - nie net jong boompies in hul soeke na sonlig nie, maar ook vele insekte en spinnekoppe. Dave verken die onderbos van die Knysna woud en kom op ‘n paar interressante organismes af.
Lees Meer

Groen: 11 Maart 2012

Dave ondersoek die Knysna Bos van boomtop to boomwortel en hoop om dalk ‘n van die Grootvoete te kry.

In die Bos
Die Knysna Bos het legendariese status bereik deur deur Daleen Matthee se boeke. Dave ondersoek die Bos van boomtop to boomwortel en hoop om dalk ‘n van die Grootvoete te kry.
Lees Meer

Groen: 4 Maart 2012

Jagluiperds wat gelukkig is om op rehabilitasie-sentrums soos Naankuse te beland het ‘n kans om weer terug te keer na die natuur toe...

In Namibië word jagluiperds dikwels nog deur oningeligte mense as probleemdiere gesien en dienooreenkomstig gejag en in strikke gevang. Dié wat gelukkig is om op rehabilitasie-sentrums soos Naankuse te beland het ‘n kans om weer terug te keer na die natuur toe, maar dit is nie so maklik nie.
Lees Meer

Groen: 26 Februarie 2012

Marius is in Walvisbaai en besoek 'n robkolonie. Hierdie soogdiere lyk lomp op land, maar is soepel en grasieus in die see.

Marius is in Walvisbaai en besoek 'n robkolonie. Hierdie merkwaardige soogdiere lyk lomp en onbeholpe op land, maar is soepel en grasieus in die see. Kom kyk saam na die gedrag van die diere op land en in die water en kry ook 'n kykie na die pelikane en ander diere wat naby die robbe leef.
Lees Meer

Groen: 19 Februarie 2012

Marius besoek Solitaire aan die rand van die Namib woestyn.

Solitaire
Aan die rand van die Namib woestyn lê Solitaire - nimmereindige grasvlaktes met berge op die horison - Marius trek sy oë skrefies op soek na lewe in dié woestyngebied.
Lees Meer

Groen: 12 Februarie 2012

Nie baie mense begin hul dag om ‘n babameerkat wurms te voer en op ‘n warmwater-sak aan die slaap te maak... Ons kuier by Marlice.

Dag in die Lewe

Nie baie mense begin hul dag om ‘n babameerkat wurms te voer en op ‘n warmwater-sak aan die slaap te maak, en dan ‘n tierboeskat uit ‘n slagyster te bevry nie. Vir Marlice is dit net nog ‘n dag.
Lees Meer

Groen: 5 Februarie 2012

Dave kuier in Kosi Baai saam met wetenskaplikes van regoor die land wat besig is met ‘n opwindende en unieke nuwe program.

Strepieskodes

Dave kuier in Kosi Baai saam met wetenskaplikes van regoor die land wat besig is met ‘n opwindende en unieke nuwe program om die aarde se biodiversiteit te boekstaaf.
Lees Meer

Bladsy 1 van 3 |

Groen: 5 Februarie 2012 – Strepieskodes

Dave kuier in Kosi Baai saam met wetenskaplikes van regoor die land wat besig is met ‘n opwindende en unieke nuwe program om die aarde se biodiversiteit te boekstaaf.

Groen: 22 Januarie 2012 – Bobbejane

Om na die drie troppe bobbejane by Naankuse net buite Windhoek om te sien is ‘n voltydse werk, maar gelukkig verloop dit nie sonder humor nie, en waneer Marlice in die swembad spring laat die baba-bobbejane nie op hulle wag nie.

Groen: 2 Oktober 2011 - Blomme

Vir baie voetslaners lê die uitdaging in hoe vinnig die moeilikste en langste roete gedoen kan word. Marius stap een van Oorlogskloof se roetes en pak dit baie rustig aan. So sien jy die meeste, ‘n magdom natuurlewe net waar jy kyk.

Groen: 11 September 2011 - Die Weskus

Dave beweeg teen die Weskus op en kyk na die invloed van die koue Benguela seestroom op die kuslyn.

Groen: 4 September 2011 – Kaappunt

Kaappunt is seker een van ons bekendste landmerke, maar kyk bietjie van nader en die plek krioeel van die lewe – Marius bekruip die bobbejane om te sien wat hulle op die rotse soek.

Groen: 28 Augustus 2011 – Aalwyne

Van Kokerbome tot Kanniedood. Marius besoek die Karoo Nasionale Botaniese Tuin naby Worcester waar die aalwyne vol in blom staan.

Groen: 21 Augustus 2011 – Bosluise

Meeste van ons raak kriewelrig by die gedagte aan 'n bosluis. Maar dié groep diere het 'n uiters ingewikkelde en interessante lewenssiklus. Kom saam met Dave Vrystaat toe waar ons gaan kyk na die Karoo verlammingsbosluise.

Groen: 14 Augustus 2011

Anders as wat mens sou dink is ‘n stad geensins sonder natuurlewe nie. Van parke tot museums, selfs kunsgallerye. Oral is daar iets vir elkeen wat 'n liefde vir die natuur het.

Groen: 7 Augustus 2011

Waar riviere uitmond in die see word strandmere gevorm - lewe wat hierin voorkom is aangepas om in vars- en seewater te kan oorleef.

Groen: 31 Julie 2011

Marius vat vir ons na die Karoo en gee ‘n kykie in die lewe van ‘n veldgids.

Bladsy 1 van 2 |

Marlice en haar 'kinders'

Marlice van Vuuren, wat al op Groen te siene was, besit 'n rehabilitasiesentrum in Namibië waar hulle wildediere rehabiliteer. Dié foto's getuig van haar passie vir haar werk!

Bladsy 1 van 1 |

Vreemde seedier

Kowie Fourie van Pretoria vertel dat haar kinders op hierdie seedier afgekom het. Wat kan dit wees?
Lees Meer

Grillerig!

Gerrie, 'n gereelde kyker van Groen, wil graag watter tipe spinnekop hierdie is en of dit giftig is...
Lees Meer

Vreemde spinnekop

Een van Groen se kykers, Heike Wilken, het hierdie spinnekop in sy huis ontdek en wil graag weet watse spinnekop dit is.
Lees Meer

Is dit 'n eekrot?

Adriaan, 'n gereelde kyker van Groen, het dié interessante foto ingestuur vir die Groen-span. Kyk wat het hulle daaroor te sê...
Lees Meer

Kyk net so 'n kewer!

'n Groen-kyker, Phillip Nieuwoudt, het dié interessante kewer by die Spoegriviermond aan die Weskus in die Namaqua Nasionale Park gesien. Ons kenners by Groen vertel meer oor die kewer...
Lees Meer

'n Albino buffel?!

Elize Olivier het dié foto van 'n albino buffel ingestuur wat sy buite die Berg-en-dal kamp in die Krugerwildtuin gewaar het. Die Groen-kenners verduidelik dié rare verskynsel...
Lees Meer

Waaraan suig die kameelperd??

'n Kyker het 'n interessante verskynsel waargeneem - 'n kameelperd wat 'n bokhoring suig! Ons kenners by Groen verduidelik aan haar hoekom die kameelperd dit gedoen het...
Lees Meer

Spinnekoppe - skadelik of nie?

'n Groen-kyker, Renay le Roux, het 'n paar spinnekoppe by haar huis en sy wil weet of hulle skadelik is. Esther antwoord haar...
Lees Meer

My vriende in lae plekke

Marius Burger, Groen se slangkenner, soek gereeld na reptiele in nuwe natuurplekke. Hy vertel hoekom hy so lief is vir sy werk.
Lees Meer

Esther word bekoor deur die Sederberge

Groen-aanbieder Esther van der Westhuizen, vertel wat van die Sederberge laat haar keer op keer in verwondering.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds