

Die Glam Guru is sinoniem met skoonheid en styl. Hy is superstilis en towenaar met kwassies en poeiers. ’n Mens kan nie anders as om waardering te hê vir sy aandag aan detail nie.
In elke episode wys hy hoe hy sy gaste stap vir stap beeldskoon maak. Hannon glo: As jy fantasies lyk, gaan jy ook fantasties voel!
Reeks is verby.
Video's
Nuus

Transformasie en wenke: 30 Maart 2012
Luhanni Prinsloo en Antoinette Majiedt sou nooit kon raai dat hulle so mooi kan lyk nie! Vind uit hoe jy ook so 'n voorkoms soos een van hulle kan kry sonder baie moeite.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 23 Maart 2012
Hannon het dit reggekry om Monica Dempers en Particia Erasmus van hul vaalheid te red - nou sprankel hulle met 'n pragtige nuwe voorkoms! As jy sy wenke aan hulle volg, sal jy net so pragtig lyk.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 16 Maart 2012
Wonder jy hoe kan jy sulke krullokke soos toekomstige bruid Lanzie kry? Hannon wys jou hoe. Hy het nog hope wenke vir jou...
Lees Meer
Transformasie en wenke: 9 Maart 2012
Cecile en Bernice lyk ongelooflik na hul transformasie! Hannon het hulle 'n nuwe voorkoms gegee wat koppe sal laat draai. Volg sy wenke aan hulle en lyk net so mooi.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 2 Maart 2012
Sjoe, 'n mens herken skaars vir Dalene en Denise nadat Hannon hulle onder hande gehad het! Wil jy graag ook so pragtig soos hulle lyk? Volg dan gerus hierdie wenke...
Lees Meer
Transformasie en wenke: 24 Februarie 2012
Brenda en Marelize spog nie net elk met 'n slanker lyf nie - hulle spog nou ook met 'n pragtige nuwe voorkoms! Hannon het vir hulle wenke gegee wat jy ook kan toepas om so mooi te lyk.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 17 Februarie 2012
Lydia Viljoen en Martie Schoeman gaan beslis nou die koppe laat draai! Hulle is gereed vir onderskeidelik 'n reunie en 'n huweliksherdenking. Hannon het vir hulle hope wenke gegee - jy kan dit ook aanwend om so pragtig te kan lyk.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 10 Februarie 2012
Ilze-Marie en Arod van Jacaranda 94.2 se Martin Bester Drive Show het albei 'n oormaaksessie van Hannon ontvang - kyk hoe lyk hulle nou! Hier's al die wenke wat jy kan gebruik as jy 'n soortgelyke voorkoms soek.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 3 Februarie 2012
Ilsa Labuschagne en Aromanda le Roux is beslis nie meer vaal na hul oormaaksessie nie! Hannon het hul ware skoonheid na vore gebring. Volg hierdie wenke en jy kan ook so mooi lyk.
Lees Meer
Transformasie en wenke: 27 Januarie 2012
Nadat Hannon vir Suzette en Jana 'n nuwe voorkoms gegee het, is hulle gereed om hul verslankingsprogramme aan te pak. Kyk hier wat jy moet doen as jy so mooi soos hulle wil lyk.
Lees MeerMeer Nuus
Hannon Bothma
Hannon Bothma, mede-eienaar van die wel bekende HANNON handelsmerk, hy is Suid Afrika se voorste Haar-, Grimeer- en Voorkomskonsultant wat gereeld op televisie asook radio verskyn.Reeds as ‘n jong seun van die Noord-Kaap is Hannon deur skoonheid geboei.
“Ek het nuwe haarstyle vir my suster en vriende geskep en besef dit is wat ek eendag wil doen.” Nadat hy hom as haarkapper bekwaam het, is sy eie skoonheid raakgesien en het hy self ook modelwerk gedoen waarby die modelwerk ingestroom. Maar sy eerste liefde was steeds om vroue te help om hul volle skoonheidspotensiaal te verwesenlik. Daarom het hy verdere studies op die gebied van haarsorg en skoonheidstegnologie aangepak.
Hy het sy eie salon in Kaapstad ge-open en moes talle modelle se hare en grimering vir tydskrifte versorg.
“Maar daar was vir my geen uitdaging om mooi mense nòg mooier te maak nie. Ek wou uitreik na alledaagse vroue wat die potensiaal het om ook pragtig te lyk, maar wat nie oor die vaardighede beskik om hul swakpunte te verbloem en hul beste eienskappe na vore te bring nie.”
“Om mooi te lyk beteken nie altyd jy moet die jongste modes slaafs navolg nie. Dit beteken eerder jy moet weet watter haarstyl, haarkleur, grimering en grimeertegnieke die beste by jou gesig en leefstyl pas,” sê hy.
Met al hierdie kennis oor skoonheid en haarsorg het Hannon die potensiaal raakgesien om sy eie professionele haar, grimering en parfuum reeks te ontwikkel spesifiek vir enige Suid-Afrikaner vrou.
Vandag word Hannon se Haar, Grimering asook Parfuum in meer as 750 salonne gevind en dit hou net aan groei.
“Ek wil hê elke vrou moet sien hoe mooi sy werklik is..” se hy.

Glam Guru: 30 Maart 2012
Opvoeders
Hannon staan voor die klaskamer – dit is hersieningstyd en jy mag nie laat wees nie, want anders gaan jy nooit kan inhaal nie. So maak seker jy sit is gereed vir jou mooimaakles. Hierdie keer is die gelukkige deelnemers Luhannie Prinsloo en Antionette Majiedt.

Glam Guru: 23 Maart 2012
Operasie red-my-van-vaalheid
Hannon soek na die pot goud aan die einde van die reënboog. En hy kry dit so waarlik. Maar nou is die vraag: is Monica en Patricia bereid om hulle grense te verskuif en kleurryke wesens te word, of bly hulle halstarrig geheg aan hulle vaalheid.

Glam Guru: 16 Maart 2012
Geen Glam Guru-reeks is ooit volledig sonder ’n troue nie, so, skuif nader, want Lanzie is die bruid en Annatjie, die bruid se ma, en Hannon gee aan hulle ’n sprokies bruilofvoorkoms.

Glam Guru: 9 Maart 2012
Dis Glam Guru se 100ste episode. Kan jy glo? Dit beteken tweehonderd Glam Guru-kandidate, wie se lewens handomkeer deur Hannon Bothma verander is. Geniet dit, en ons sien uit na die volgende honderd episodes, vol inspirasie en wonderlike mooimaakwenke.
Cecile en Bernice soek leiding met hul voorkoms! Kyk hoe help Hannon hulle om 'n transformasie te ondergaan.

Glam Guru: 2 Maart 2012
In die episode word daar fees gevier. Want Hannon gee vir Denise Goeda en Dalene Nel ’n glinstervoorkoms vir hulle verskyning op die rooi tapyt van die Ghoema Afrikaanse musiektoekennings. Dit is ’n lekker voorsmakie van wat julle by hierdie luisterryke geleentheid gaan sien.

Glam Guru: 24 Februarie 2012
Hou die vetduiwel agter slot en grendel
Hannon inspireer vir Brenda en Marelize om hulle nuwe slanker voorkoms, danksy Slender Wonder, intoom te hou en eens en vir altyd daardie vetduiwel agter slot en grendel te hou. Hulle pragtige nuwe voorkoms help om daardie kopskuif te maak. Hannon glo nou maar eenmaal: as mens pragtig voel en lyk is enigiets moontlik.

Glam Guru: 17 Februarie 2012
Kyk na my met nuwe oë.
Lydia Viljoen en Martie Schoeman is “go-getters”, mense wat dinge laat gebeur en hulle soek rede om fees te vier. Lydia reël haar skool se reunie en Martie beplan groot dinge vir hul veertigste huweliksherdenking. Dis ‘n mylpaal in hul albei se lewens en Hannon sorg dat hulle dit gaan vier met ‘n glansryke voorkomstransformasie wat almal met nuwe oë na hulle sal laat kyk.

Glam Guru: 10 Februarie 2012
Stem agter die radiomikrofoon
Arod en Ilze-Marie is nuwe stemme op die Jacaranda 94.2 se Martin Bester Drive Show. Die twee se voorkoms is dalk geskik as hulle in ‘n donker radio ateljee van agter ‘n mikrofoon met luisteraars praat, maar binnekort wag publieke optredes waar die media en bewonderaars verwag dat hulle gunsteling radio persoonlikhede ook soos sterre lyk. Hannon Bothma, ons Glam Guru, neem die twee persoonlik onder hande en transformeer die twee in skylikone wat op enige verhoog kan verskyn of A-lys partytjies kan bywoon.

Glam Guru: 3 Februarie 2012
Plain Jane
Ilsa Labuschagne en Aromanda le Roux is Plain Janes. Hierdie twee praktiese moeders se voorkoms besig om hulle lewensuitkyk te saboteur – hulle het ‘n totale transformasie nodig. Hannon glo as dit lyk of jy êrens heen oppad is sal dit binnekort ook met jou gebeur. Met dramatiese haarstylveranderinge, ‘n insipirerende grimeerles en vrolike nuwe uitrustings, is hierdie twee nou gereed om die skakels van roetiene te breek en ‘n meer opwindende lewe te leef!

Glam Guru: 27 Januarie 2012
Ek gaan gewig verloor, maar ek wil nou mooi lyk.
Suzette en Jana, twee oorgewig dames, staan op die vooraand van ‘n ommekeer dieet en gewigsverliesprogram van Slender Wonder. Hannon die stylkenner glo dat as jy van dag een af mooi lyk en voel dit die perfekte afskop is vir hierdie lewensveranderende transformasie. ‘n Splinternuwe haarstyl, dinamiese haarkleur en grimering wat die mooiste in hulle gesigte uitbring, is presies wat ons twee lywige dames nodig het om hulle ‘n hupstootjie te gee om die sjokolade opsy te skuif en die slaaiblare nader te trek. So, as jy op soek is na inspirasie en maklike mooimaakwenke moet beslis nie hierdie episode van Glam Guru misloop nie.
Bladsy 1 van 2 |
Glam Guru: 23 Maart 2012 - Operasie Red-my-van-Vaalheid (Deel 2)
Operasie red-my-van-vaalheid is suksesvol afgehandel! Hannon is tevrede met die eindresultate, maar hoe voel Monica en Patricia oor hul nuwe voorkoms?
Glam Guru: 23 Maart 2012 - Operasie Red-my-van-Vaalheid (Deel 1)
Monica Dempers en Particia Erasmus het nie ingeskryf om 'n oormaaksessie te kry nie - Hannon het hulle raakgesien en besef dat hulle sy hulp nodig het. Dis tyd vir operasie red-my-van-vaalheid!
Glam Guru: 9 Maart 2012 – Na
Cecile en Bernice kan nie hulself voorstel met hul nuwe voorkomste nie. Hulle is verstom oor die resultate!
Glam Guru: 9 Maart 2012 – Voor
Dis die 100ste episode! Cecile en Bernice, wie selfs te bang is om 'n lipstiffie op te lig, word onder hande geneem deur Hannon. Albei van hulle is gereed om soos ware vrouens te lyk!
Glam Guru: 2 Maart 2012 - Ghoema Na
Denise Goeda en Dalene Nel lyk pragtig nadat Hannon hulle onder hande gehad het. Nou is hulle gereed vir die Ghoema Afrikaanse musiektoekennings!
Glam Guru: 2 Maart 2012 - Ghoema Voor
In die episode word daar fees gevier. Want Hannon gee vir Denise Goeda en Dalene Nel ’n glinstervoorkoms vir hulle verskyning op die rooi tapyt van die Ghoema Afrikaanse musiektoekennings. Kyk hoe lyk hulle voor hul oormaaksessies.
Glam Guru: 24 Februarie 2012 - "Slender Wonder" Voor
Hannon inspireer vir Brenda en Marelize om hulle nuwe slanker voorkoms, danksy Slender Wonder, intoom te hou en eens en vir altyd daardie vetduiwel agter slot en grendel te hou.
Glam Guru: 17 Februarie 2012 - "Go-Getters" Na
Hannon sorg dat Lydia en Martie die mylpale in hul lewens gaan vier met ‘n glansryke voorkomstransformasie wat almal met nuwe oë na hulle sal laat kyk.
Glam Guru: 17 Februarie 2012 - "Go-Getters" Voor
Lydia Viljoen en Martie Schoeman is “go-getters”, mense wat dinge laat gebeur en hulle soek rede om fees te vier. Lydia reël haar skool se reunie en Martie beplan groot dinge vir hul veertigste huweliksherdenking.
Glam Guru: 10 Februarie 2012 - Radio Persoonlikehede Na
Hannon Bothma, ons Glam Guru, neem Arod en Ilze-Marie persoonlik onder hande en transformeer die twee in skylikone wat op enige verhoog kan verskyn of A-lys partytjies kan bywoon.Bladsy 1 van 2 |

Agter die skerms
Ons het gaan inloer toe Hannon sy eerste gaste onder hande geneem het. Kyk hier wat het daar gebeur...Bladsy 1 van 1 |

Transformasie en wenke: 30 Maart 2012
Luhanni Prinsloo en Antoinette Majiedt sou nooit kon raai dat hulle so mooi kan lyk nie! Vind uit hoe jy ook so 'n voorkoms soos een van hulle kan kry sonder baie moeite.Lees Meer

Transformasie en wenke: 23 Maart 2012
Hannon het dit reggekry om Monica Dempers en Particia Erasmus van hul vaalheid te red - nou sprankel hulle met 'n pragtige nuwe voorkoms! As jy sy wenke aan hulle volg, sal jy net so pragtig lyk.Lees Meer

Transformasie en wenke: 16 Maart 2012
Wonder jy hoe kan jy sulke krullokke soos toekomstige bruid Lanzie kry? Hannon wys jou hoe. Hy het nog hope wenke vir jou...Lees Meer

Transformasie en wenke: 9 Maart 2012
Cecile en Bernice lyk ongelooflik na hul transformasie! Hannon het hulle 'n nuwe voorkoms gegee wat koppe sal laat draai. Volg sy wenke aan hulle en lyk net so mooi.Lees Meer

Transformasie en wenke: 2 Maart 2012
Sjoe, 'n mens herken skaars vir Dalene en Denise nadat Hannon hulle onder hande gehad het! Wil jy graag ook so pragtig soos hulle lyk? Volg dan gerus hierdie wenke...Lees Meer

Transformasie en wenke: 24 Februarie 2012
Brenda en Marelize spog nie net elk met 'n slanker lyf nie - hulle spog nou ook met 'n pragtige nuwe voorkoms! Hannon het vir hulle wenke gegee wat jy ook kan toepas om so mooi te lyk.Lees Meer

Transformasie en wenke: 17 Februarie 2012
Lydia Viljoen en Martie Schoeman gaan beslis nou die koppe laat draai! Hulle is gereed vir onderskeidelik 'n reunie en 'n huweliksherdenking. Hannon het vir hulle hope wenke gegee - jy kan dit ook aanwend om so pragtig te kan lyk.Lees Meer

Transformasie en wenke: 10 Februarie 2012
Ilze-Marie en Arod van Jacaranda 94.2 se Martin Bester Drive Show het albei 'n oormaaksessie van Hannon ontvang - kyk hoe lyk hulle nou! Hier's al die wenke wat jy kan gebruik as jy 'n soortgelyke voorkoms soek.Lees Meer

Transformasie en wenke: 3 Februarie 2012
Ilsa Labuschagne en Aromanda le Roux is beslis nie meer vaal na hul oormaaksessie nie! Hannon het hul ware skoonheid na vore gebring. Volg hierdie wenke en jy kan ook so mooi lyk.Lees Meer

Transformasie en wenke: 27 Januarie 2012
Nadat Hannon vir Suzette en Jana 'n nuwe voorkoms gegee het, is hulle gereed om hul verslankingsprogramme aan te pak. Kyk hier wat jy moet doen as jy so mooi soos hulle wil lyk.Lees Meer
Bladsy 1 van 2 |

Die Glam Guru wil jou mooi maak!
Hannon die Glam Guru is terug op kykNET vanaf 6 Januarie 2012 en hy is op soek na kandidate om mooi te maak! So, as jy of iemand wat jy ken, ‘n bietjie hulp nodig het, moenie langer wag nie! Vul die Glam Guru inskrywingsvorm aanlyn in.Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |

Glam Guru se borge
Glam Guru word gebrod deur Finesse, Jacaranda, Slender Wonder en HANNON. Klik hier om die webwerwe te besoek.Lees Meer
Bladsy 1 van 1 |










