

Ons besoek ook van die kleiner feeste op plekke in die land waar mense nie aldag kom nie. Na meer as tien jaar is daar steeds dorpe en feeste waar Fiësta nog nie gekuier het nie en stel ons jaarliks ook van hierdie feeste aan ons kykers bekend. Wat Fiësta verder uniek maak is die feit dat ons elke week ‘n ander aanbieder het. Ons aanbieders is gewoonlik bekende sangers of akteurs wat by die feeste optree.
Maandagaande @ 19:30; Woensdae @ 10:30; Donderdae 02:30; Sondae @ 02:30.
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan fiesta@compute.co.za.
Nuus

Fiësta dagboek 2012 - Mpumalanga
Mpumalanga is bekend vir die verskeie feeste wat in die provinsie aangebied word. Gaan jy plan maak om dit by te woon?
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Limpopo
Kom maak 'n draai by een van hierdie feeste - jy sal vir seker 'n wonderlike tyd beleef!
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Gauteng
Gauteng is allermins 'n vervelige provinsie. Daar is heelwat plekke om te sien en feeste om by te woon.
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Vrystaat
Die Vrystaat is dié plek om te wees as jy op soek is na lekker feeste om by te woon. Kyk net...
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - KwaZulu-Natal
Jy moet plan maak om die Dolosfees en Pionier Wildsfees by te woon. Jy sal dit sonder twyfel geniet!
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Suid-Kaap
Daar's wonderlike geleenthede in die Suid-Kaap wat jy beslis nie moet mis nie! Kyk net hier...
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Wes-Kaap
Die Wes-Kaap bied verskeie feeste aan wat beslis die moeite werd is om vanjaar by te woon.
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Namibië
As jy lanklaas besoek afgelê het hierdie pragtige stukkie land, is dit sonder twyfel tyd dat jy hier 'n fees bywoon!
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Noordwes
Hierdie provinsie het nie net pragtige natuurskoon nie - daar is ook feeste wat jy en jou gesin kan bywoon.
Lees Meer
Fiësta dagboek 2012 - Noord-Kaap
As jy in die Noord-Kaap is, moet jy beslis by een van hul gewilde feeste 'n draai maak...
Lees MeerMeer Nuus

Fiësta: 21 Mei 2012
Die Franschhoek Oesfees word jaarliks by die Solms-Delta Wynlandgoed gehou om die einde van die oes te vier. Plaaswerkers en besoekers haal dan behoorlik uit en daar word tot laatnag toe gekuier, gedans, gesing en geëet, met ‘n samehorigheid soos mens net in die wynlande kan kry. Vanjaar was daar weer groot hoogtepunte soos Rieldansers, lekker tradisionele musiek en selfs groot sterre soos David Kramer, Theuns Jordaan en Chris Chameleon wat kom optree het. Fiësta en ons gas-aanbieders, die groep Tribal Echo, het heerlik saamgekuier.

Fiësta: 14 Mei 2012
Die Lambertsbaai Kreeffees is eie aan die Weskus en al vir jare ‘n tradisie wat feesgangers van heinde en verre trek. Fiësta het dit vanjaar weer bygewoon en ook heerlik in die pragtige omgewing rondgekuier. Al het groot sterre hier kom optree, bly die grootste ster van hierdie geleentheid egter daardie lekkerny van die see – die kreef – en is daar dwarsdeur die naweek heerlik daaraan gesmul. Nicholis Louw was vandeesweek ons gas-aanbieder.

Fiësta: 7 Mei 2012
Clocolan is nog ‘n plek waar Fiësta nie vantevore besoek afgelê het nie. Hierdie dorpie in die hartjie van die Vrystaat se eiesoortige Plaaskultuurfees is ‘n viering van alles wat mens op ‘n regte outydse boereplaas kan verwag, van trekkers tot osse wat ingespan word en sluit selfs ‘n rodeo-kompetisie in. Fiesta het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om die omgewing ook te verken. Vandeesweek was David Fourie ons gas-aanbieder.

Fiësta: 30 April 2012
Wakkerstroom Musiekfees
Wakkerstroom in Mpumalanga is een van daardie plekke wat Fiesta nog nooit vantevore besoek het nie en vandeesweek gaan kuier ons kameras by hulle Musiekfees wat hulde bring aan klassieke musiek. Die fees stel hom ten doel om hom te beywer vir klassieke musiek en daardeur word beoog om beurse aan voornemende jong talent toe te ken. Musici het deur die loop van die naweek feesgangers vermaak in kerk- en skoolsale in hierdie pragtige klein dorpie. Die befaamde violis, Zanta Hofmeyr, was vandeesweek ons gas-aanbieder.

Fiësta: 23 April 2012
kykNET Buite Ekspo
Die Burger kykNET Buite-ekspo is vanjaar vir die tweede keer met groot sukses by Kambati Rivieroord langs die Breederivier in die Swellendam omgewing aangebied. Entoesiaste het die nuutste neigings in die buitelewemark kom uitstal, van nuwe foefies vir jou tent tot 4x4 voertuie en nog vele meer. Almal met ‘n passie vir die buitelewe het heerlik kom saamkuier. André de Villiers van Safari 4x4 Roetes was vandeesweek ons gas-aanbieder.

Fiësta: 16 April 2012
Die Suidoosterfees
Die Burger Suidoosterfees is nou al sinoniem met die stad Kaapstad en die Kunstekaap-teater waar dit jaarliks aangebied word. Vanjaar was die tema ‘n fees van liefde wat vergestalt word in liefde vir die teater, musiek en kuns. Hoogtepunte sluit onder andere musiekteater soos kykNET se “Konsert vir Mimi”, “‘n Plekkie in die son” en ‘n optrede deur Ringo Madlingozi in, sowel as teaterproduksies soos “Jonas” en “Howzit my bra”. Die twee talentvolle Adams broers, Emo en Loukmaan, was ons prettige gas-aanbieders.

Fiësta: 9 April 2012
Dit is alweer daardie tyd van die jaar wanneer die hele land hulle feesvere regskud vir die grote van Oudtshoorn. Die ABSA KKNK het nou al diep spore getrap in die feeskultuur van ons land en is altyd ‘n toonaangewende fees wat net die beste teater, kuns en musiek vir feesgangers bied. Fiësta en ons gas-aanbieder, Stian Bam, sou dit vir niks in die wêreld misloop nie.

Fiësta: 2 April 2012
Dis glad nie moeilik om te verstaan hoekom die US Woordfees verlede jaar deur ons kykers aangewys is as die gewilde fees van die jaar en daardeur ‘n Fiesta ingepalm het nie. Die bekwame span van die Woordfees het vanjaar weer ‘n juweel van ‘n fees aangebied en net die beste van Afrikaanse teater, skrywers en musiek op die planke gebring. Skrywers en persoonlikhede soos Elmari Rautenbach, Kerneels Breytenbach en Sandra Prinsloo het kom saamkuier en hul deel gedoen vir die Afrikaanse woord. Dan was daar boonop uithaler produksies soos “Die rebellie van Lafras Verwey”, “Ta’Miem van Swellendam” en “Voor ek vergeet” aangebied. Pedro Kruger, mede-vervaardiger van die produksie “Grieta kry geleerdheid”, is vandeesweek ons gas-aanbieder.
Bladsy 1 van 1 |

Fiësta dagboek 2012 - Mpumalanga
Mpumalanga is bekend vir die verskeie feeste wat in die provinsie aangebied word. Gaan jy plan maak om dit by te woon?Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Limpopo
Kom maak 'n draai by een van hierdie feeste - jy sal vir seker 'n wonderlike tyd beleef!Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Gauteng
Gauteng is allermins 'n vervelige provinsie. Daar is heelwat plekke om te sien en feeste om by te woon.Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Vrystaat
Die Vrystaat is dié plek om te wees as jy op soek is na lekker feeste om by te woon. Kyk net...Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - KwaZulu-Natal
Jy moet plan maak om die Dolosfees en Pionier Wildsfees by te woon. Jy sal dit sonder twyfel geniet!Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Suid-Kaap
Daar's wonderlike geleenthede in die Suid-Kaap wat jy beslis nie moet mis nie! Kyk net hier...Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Wes-Kaap
Die Wes-Kaap bied verskeie feeste aan wat beslis die moeite werd is om vanjaar by te woon.Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Namibië
As jy lanklaas besoek afgelê het hierdie pragtige stukkie land, is dit sonder twyfel tyd dat jy hier 'n fees bywoon!Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Noordwes
Hierdie provinsie het nie net pragtige natuurskoon nie - daar is ook feeste wat jy en jou gesin kan bywoon.Lees Meer

Fiësta dagboek 2012 - Noord-Kaap
As jy in die Noord-Kaap is, moet jy beslis by een van hul gewilde feeste 'n draai maak...Lees Meer
Bladsy 1 van 2 |





