In die  reeks volg ons die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en vriende op ‘n epiese 9000km tog wat reg om die Suid Afrikaanse kus tot in Mosambiek strek. Bok is mal oor hengel en kos maak, en met net 30 dae om die tog te voltooi is dit ‘n resies teen tyd om sy passie te volg en betyds te wees vir elke vertoning.

Die reeks is verby.

Nuus

Vriende is belangrik vir Bok

Bok van Blerk, wie te sien is in Bok vir Sports, vertel wie sy rolmodel is en wat sy lewensleuse is.

Lees Meer

Meer Nuus

Bok vir Sports: 4 Februarie 2012

Bok en die groep vat die pad Mosambiek toe vir die laaste been van hulle 9000 kilometer reis.

Bok en die groep vat die pad Mosambiek toe vir die laaste been van hulle 9000 kilometer reis. Hulle vang tunas van Bok se boot af en die finale vertoning vind plaas op die strand by Pandaine.
Lees Meer

Bok vir Sports: 28 Januarie 2012

Die volgende vertoning is by Ushaka Marine World geskeduleer. Die restaurant daar wys vir Bok om ‘n Spanish Gallion te maak.

Ons gaan hengel by die Kei riviermond vir bodem vis en vertrek daarna na Durban waar die volgende vertoning by Ushaka Marine World geskeduleer is. Die restaurant by Ushaka wys vir Bok om ‘n Spanish Gallion te maak en ons gesels oor die werking van die akwarium.
Lees Meer

Bok vir Sports: 21 Januarie 2012

Daar's probleme by 'n vertoning in Hartenbos! 'n Wolkbreuk beskadig die klanktoerusting...

Die volgende vertoning is in George op ‘n wynplaas en Pietman gesels oor die wynmaak proses. Bok en Hennie hengel die volgende dag vir pylsterte in Mosselbaai en ‘n wolkbreuk beskadig die klanktoerusting by die Hartenbos vertoning.
Lees Meer

Bok vir Sports: 14 Januarie 2012

Bok gesels met Stilbaai se natuurbewaringsbeampte oor die sukses van hulle reservaat en ons kyk na fotos van reuse visse...

Bok vang vis in Stilbaai en later geniet hulle seekossosaties en viskop sop vir middagete. Bok gesels met Stilbaai se natuurbewaringsbeampte oor die sukses van hulle reservaat en ons kyk na fotos van reuse visse wat in die verlede daar gevang is.




Lees Meer

Bok vir Sports: 7 Januarie 2012

Bok en Hennie voer die reuse pylsterte in die hawe en Hennie braai vis vir die band.

Bok en Hennie is in Struisbaai en hengel vanaf die hawemuur vir haaie. Hulle voer die reuse pylsterte in die hawe en Hennie braai vis vir die band.
Lees Meer

Bok vir Sports: 31 Desember 2011

Hermanus is die volgende stop op die toerprogram. Pietman ontmoet vir oom Ollie by die hawe vir middagete, vars geelstert is op die spyskaart.

Hermanus is die volgende stop op die toerprogram. Pietman ontmoet vir oom Ollie by die hawe vir middagete, vars geelstert is op die spyskaart. Vroeg die volgende oggend vertrek Bok en Hennie Struisbaai toe waar hulle die dag op die Augullas Banke deurbring en vir Rooi Steenbras hengel. Dan is dit Hennie se beurt voor die kospotte en hy bederf die ouens met ‘n unieke visgereg.
Lees Meer

Bok vir Sports: 17 Desember 2011

Die span vertrek na Houtbaai vir Bok se volgende vertoning maar oppad stop Bok en Hennie eers by Velddrift om vir pylsterte te hengel.

Die span vertrek na Houtbaai vir Bok se volgende vertoning maar oppad stop Bok en Hennie eers by Velddrift om vir pylsterte te hengel. Na die aand se vertoning vind ons meer uit oor Houtbaai se geskiedenis en Bok leer hoe om ‘n egte Maleise Kerrie te maak op Kaapstad se eie Super Jag, die Nautilus.
Lees Meer

Bok vir Sports: 10 Desember 2011

Na die Lambertsbaai vertoning verken Bok en die band ons land se kleinste woestyn op vierwiel aangedrewe motorfietse.

Na die Lambertsbaai vertoning verken Bok en die band ons land se kleinste woestyn op vierwiel aangedrewe motorfietse voor hulle aanskuif na Langebaan. Bok hengel op die Langebaan strandmeer saam met Jurie en Gerhard, en maak Gemsbok filette gaar vir die omgewing se Jagtersvereniging. Die aand se vertoning vind plaas by Club Micanos.
Lees Meer

Bok vir Sports: 3 Desember 2011

Bok en Hennie hengel naby die Oranjerivier-mond by Alexanderbaai. Die volgende dag vertrek die span na Lambertsbaai...

Bok en Hennie hengel naby die Oranjerivier-mond by Alexanderbaai. Die volgende dag vertrek die span na Lambertsbaai waar hulle leer om Kreef te trek soos die Weskus mense dit doen, en later die middag word die dag se vangste by Oppi Duin gaar gemaak voordat Bok moet spring vir sy volgende vertoning.
Lees Meer

Bok vir Sports: 26 November 2011

Bok en Hennie hengel onder die Van der Kloof dam se wal, en het ‘n noue ontkoming in die Oranjerivier!

Bok en Hennie hengel onder die Van der Kloof dam se wal, en het ‘n noue ontkoming in die Oranjerivier. Die volgende dag durf hulle die lang pad aan na Alexander baai via Springbok.  Dis ‘n resies teen tyd: gaan Bok betyds wees vir sy volgende vertoning?
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Bok Vir Sports: 26 November 2011 (Deel 2)

Die volgende dag durf hulle die lang pad aan na Alexander baai via Springbok. Dis ‘n resies teen tyd: gaan Bok betyds wees vir sy volgende vertoning?

Bok Vir Sports: 26 November 2011 (Deel 1)

Bok en Hennie hengel onder die Van der Kloof dam se wal, en het ‘n noue ontkoming in die Oranjerivier.

Bok Vir Sports: 5 November 2011 (Deel 2)

Die aand maak Bok musiek op die dorp en ry na die vertoning na Rietspruit dam waar die groep oor nag. Vir slaap is daar maar min tyd en 5 uur die volgende oggend ry hulle deur Bos poort dam toe waar Bok en professionele hengelaar, Hennie Papenfuss vir swartbaars hengel.

Bok Vir Sports: 5 November 2011 (Deel 1)

Die reeks skop af met die eerste vertoning van die toer wat in Koster plaasvind. Koster is bekend as beeswêreld en ons besoek een van die groot voerkrale om uit te vind presies hoe die bedryf werk.

Bladsy 1 van 1 |

Vriende is belangrik vir Bok

Bok van Blerk, wie te sien is in Bok vir Sports, vertel wie sy rolmodel is en wat sy lewensleuse is.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds