Weeksaande @ 18:30 en 23:00; Weeksoggende @ 08:30; Saterdagoggende @ 11:30
Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan Ernst@starkfilms.co.za.
Nuus

Binneland akteurs en gasspelers
As jy 'n gesig op Binneland sien, maar nie weet wie dit is of wonder wat die naam is van die karakter wat deur 'n sekere akteur vertolk word, kyk hier vir die volledige lys van akteurs en gasspelers en die karakters wat hulle vertolk.
Lees Meer
Childline hulplyn
Die Binneland storielyn van Elize wat as kind gemolesteer is, het baie kykers diep geraak. Die realiteit is dat kinders daagliks dieselfde ervaar. Childline is 'n nie-winsgewende organisasie wat poog om kinders van alle vorme van geweld te beskerm. Hier's hul kontakbesonderhede...
Lees MeerWenners van troukompetisie
Baie geluk aan die wenners van die Binneland troukompetisie - julle almal woon Conrad en Pippa se troue by!
Lees Meer
Boer Soek 'n Vrou se Gert en Maritza trou!
Gert en Maritza is op Vrydag, 16 Desember 2011, getroud. Kyk Woensdag (18 Januarie) op Kwêla hoe die Boer soek 'n Vrou troue gelyk het.
Lees Meer
Reynardt in sy ademsgewaad!
Kyk wie is op die voorblad van die nuwe Huisgenoot Tempo! Dis Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker van Binneland) saam met sanger Jay en David Fourie.
Lees Meer
Groot dinge kom!
Terence Bridgett en Michelle Pienaar, wie die rolle van Warrick Paulse en Yvette Stuurman in die kykNET-sepie Binneland vertolk, gesels oor wat die toekoms vir hulle inhou.
Lees Meer
Elma vernuwe haar lewe!
Elma Postma, Bea in Binneland, vertel hoe sy die nuwe seisoen met ’n skoon begin tegemoet gaan.
Lees Meer
Elma spog op voorblad!
Maak seker jy koop 2 September se Vrouekeur-uitgawe - Elma Postma, Bea in Binneland, vertel hoe sy haar lewe 'spring clean'.
Lees Meer
ADAM gaan op toer
Reynardt Hugo (Dr. Tertius Jonker) en die res van die lede van ADAM toer 17-27 Augustus 2011 deur SA se kusdorpe. Kyk waar kan jy hulle te siene kry.
Lees Meer
Regte boerekos is Franci se gunsteling
Franci Swanepoel het diep in kykers se harte gekruip as Toeks in Binneland. Sy vertel wat 'n paar van haar gunsteling dinge in die lewe is.
Lees MeerMeer Nuus
Pippa Venter
Pippa Venter (Nadia Valvekens)Verpleegster
As sonstraaltjies, somer, ‘sugar, and spice, and everything nice’ in een liggaam gegiet sou word, dan is Pippa die resultaat. Sy sit amper nooit ‘n voetjie verkeerd nie, hou haar besig met die belangrike goed in die lewe, en pak elke dag haar glimlag in werk toe. By die huis mag sy dalk so nou en dan met n traan in die oog sit, maar wanneer werkstyd aanbreek is sy die een op wie se knoppie daar enige tyd gedruk kan word. Sy is so bietjie naief, maar beslis nie ‘n dromer nie. Pippa is ‘n regte plaasmeisie, wat met haar kop omhoog loop, en haar voete stewig op die aarde geplant hou.
Daleen Oosthuizen
Daleen Oosthuizen (Desiré Gardner)Verpleegster
Daleen is Pippa se eweknie, alhoewel sy ‘n baie meer realistiese uitkyk op die lewe het. Sy droom baie, maar leef in die werklikheid en laat nie klein dingetjies toe om haar onder te kry nie. Daleen werk hard, maar speel ook hard – sy het definitief die potensiaal om haar man op en van die sportveld vas te trek. Daleen is jou tipiese eks-joolkoningin wat daarop uit is om vir haar ‘n droom-dokter eggenoot te kry en die res van haar jare in gemak en styl te spandeer.
Elise Kruger
thunderstander
Verpleegster
Die ander helfte van die skindertong-brigade wat altyd opsoek is na ‘n man in haar lewe, het ook die vermoë om ‘n storie so te verdraai dat alles behalwe die volle waarheid versprei word. Sy is ook altyd uit daarop om haarself in ‘n goeie lig te stel, en het baie meer ambisie as wat sy talent het. Sy is ook altyd opsoek na ‘n ekstra inkomste, en glo dat haar sin vir humor haar ‘n uitstekende skerpskertser maak. Sy is ook Binneland se nie-amptelike amateur speurder, wat heel dikwels net met snuf in die neus wegkom.
Franz Basson
Franz Basson (Dawid Minnaar)Navorser en dokter
Die verstrooide professor wat glad nie verstrooid is nie – dis hoe ‘n mens hierdie dokter kan opsom. Hy is nie ‘n baie sosiale karakter nie, en kom beter oor die weg met sy boeke en laboratorium-instrumente as die mense rondom hom. Franz hou baie van sy eie geselskap, soos meeste intelektuele reuse, en hy is baie passievol oor die werk wat hy doen.
At Koster
At Koster (Hans Strydom)Hospitaal-administrateur en hoof-aandeelhouer van Binneland Kliniek en sakeman
‘n Ambisieuse sakeman wat nooit ‘nee’ vat vir ‘n antwoord nie, altyd kry wat hy wil hê (ongeag die koste), en ‘n gedugte teenstander. At is die argetipe-skurk, die sogenaamde wolf in skaapklere, wat sy prooi verslind, of laat verdwyn. Met nog ‘n egskeiding agter die rug, is die tyd dalk ryp vir At om weer ware liefde te vind – maar wie sien kans vir dié man?
Kallie Koster
Kallie Koster (Tobie Cronjé)Mede-eienaar van ToniK
Kallie is At se langverlore, aangenome broer wat At gereeld in die skande steek met sy groter as groot stories en kwinkslae. Hy is die teenoorgestelde van At, en maak dinge op soos wat hy aangaan deur die lewe. Die man het ‘n hart van goud, en verafgod die grond waarop At loop.
Jennifer Adams
Jennifer Adams (Sandi Schultz)Internis by Binneland Kliniek
“Stille waters, diepe grond” beskryf die dokter die beste. Sy is ‘n spesialis in haar veld, maar haar koue saaklikheid waarmee sy pasiënte hanteer maak haar nie uiters gewild nie. Sy ken pyn maar al te goed, en beskerm haarself deur afsydig en koud te wees – alhoewel sy eintlik net die teenoorgestelde is teenoor dié wat haar werklik ken. Net jammer sy laat nie veel mense toe om haar regtig te leer ken nie. Jennifer is ook heel dikwels die morele kompas vir die res van die Binneland-span.
Pippa Venter
Pippa Venter (Nadia Valvekens)Verpleegster
As sonstraaltjies, somer, ‘sugar, and spice, and everything nice’ in een liggaam gegiet sou word, dan is Pippa die resultaat. Sy sit amper nooit ‘n voetjie verkeerd nie, hou haar besig met die belangrike goed in die lewe, en pak elke dag haar glimlag in werk toe. By die huis mag sy dalk so nou en dan met n traan in die oog sit, maar wanneer werkstyd aanbreek is sy die een op wie se knoppie daar enige tyd gedruk kan word. Sy is so bietjie naief, maar beslis nie ‘n dromer nie. Pippa is ‘n regte plaasmeisie, wat met haar kop omhoog loop, en haar voete stewig op die aarde geplant hou.
Bea Delport
Bea Delport (Elma Postma)Skakelbeampte by Binneland Kliniek
Die nuutste toevoeging tot die werking van Binneland Kliniek moet nog haar plek vind in die gange van die hospitaal waar almal se privaatlewens onder ‘n vergrootglas dop gehou word – iets wat die beskeie en op-die-man-af vrou nie gewoond aan is nie. Sy kan wel haar man staan, maar of sy agter hom sal staan wanneer die tyd ryp is, is ‘n ander vraag!

Binneland: 17 Mei 2012
Daleen neem afskeid van haar woonstel, en At vra vir Coen om met Delia en Adler se koppe te smokkel terwyl hulle op die Lienko-saak ingaan. Dit is Charnay se eerste dag by die werk, en Rian besluit teen ‘n sake-transaksie.

Binneland: 16 Mei 2012
Tilda is radeloos met Daleen wat nie na rede wil luister nie, en Gustav bied aan om met haar te praat. Sonja nooi Bea en Franz vir ‘n braai, en Jennifer en Franz praat met mekaar oor hul statusse as pionne in At en Adler se speletjie.

Binneland: 15 Mei 2012
Daleen weier om na die gedenkdiens te gaan of om te erken dat Tertius dood is. At stel Charnay aan ten spyte van Gustav se teenstand. Delia se belangstelling is geprikkel as Yvette iets laat val oor Lienko.

Binneland: 14 Mei 2012
Charnay word gedwing om haar verlede te konfronteer, terwyl Janneke haar vir Delia se vrae vererg. Daleen sukkel om haar huidige omstandighede te aanvaar, en dit wil blyk asof Sonja en Bea begin hegte bande smee.

Binneland: 11 Mei 2012
At en Sonja sit vas oor die huis, en Bea word gevra om haar te help om vir At ‘n les te leer. Die feite rondom Tertius begin insink, en dan is daar nog ‘n ongeluk. Delia en Jan gaan uit vir drankies, en elkeen probeer inligting uit die ander een kry.

Binneland: 10 Mei 2012
Lydia sukkel om enige nuwe inligting oor Tertius te kry en dit dryf Daleen teen die mure uit. Jan probeer om in At se goeie boekies te kom, maar At is meer bekommerd oor Delia. At vra Sonja op die opknappingswerk van die patio te oorsien. Charnay ontvang goeie nuus, maar Jennifer is skepties en vermoed At sit agter alles.

Binneland: 9 Mei 2012
Bea vertel vir At van die ontploffing op Tertius se skip, en Sonja is verras om ‘n werkspan by die huis te kry wat aan die patio werk. At probeer Delia aan sy kant kry, en Daleen is geskok wanneer Lydia meer weet oor die gebeure op Tertius se skip as sy – en dan bel Odette vir Daleen.

Binneland: 8 Mei 2012
At verduidelik vir Sonja wat Adler wil hê, en Sonja raai hom aan om vir Hein Beckman te gaan sien. Daleen voel skuldig oor haar flankeerdery, en Charnay maak haar verskyning. Adler stel Delia Richter aan At voor, en Daleen hoor van die ongeluk op die Ruby Star.

Binneland: 7 Mei 2012
Daleen is op die oorlogspad oor Tertius sy pos gaan kwyt wees. Franz en Bea deel hulle goeie nuus met Ilse en Jennifer. At is omgekrap as Adler inmeng in die bestuur van Binneland.

Binneland: 4 Mei 2012
Gustav vertel vir At van die skietery, en Pippa en Elise is geskok oor Sofia se aksies – terwyl Sofia vir Elise oorreed om ‘n klag teen haar oom te lê. Daleen vind uit dat Gustav Tertius se pos aangebied is, en At blameer Jan vir die skietvoorval – terwyl Franz ‘n groot verrassing vir Bea het.
Bladsy 1 van 23 |
Binneland: 15 Mei 2012
Daleen weier om na die gedenkdiens te gaan of om te erken dat Tertius dood is. At stel Charnay aan ten spyte van Gustav se teenstand. Delia se belangstelling is geprikkel as Yvette iets laat val oor Lienko.
Binneland: 14 Mei 2012
Charnay word gedwing om haar verlede te konfronteer, terwyl Janneke haar vir Delia se vrae vererg. Daleen sukkel om haar huidige omstandighede te aanvaar, en dit wil blyk asof Sonja en Bea begin hegte bande smee.
Binneland: 11 Mei 2012
At en Sonja sit vas oor die huis, en Bea word gevra om haar te help om vir At ‘n les te leer. Die feite rondom Tertius begin insink, en dan is daar nog ‘n ongeluk. Delia en Jan gaan uit vir drankies, en elkeen probeer inligting uit die ander een kry.
Binneland: 10 Mei 2012
Lydia sukkel om enige nuwe inligting oor Tertius te kry en dit dryf Daleen teen die mure uit. Jan probeer om in At se goeie boekies te kom, maar At is meer bekommerd oor Delia. At vra Sonja op die opknappingswerk van die patio te oorsien. Charnay ontvang goeie nuus, maar Jennifer is skepties en vermoed At sit agter alles.
Binneland: 9 Mei 2012
Lydia sukkel om enige nuwe inligting oor Tertius te kry en dit dryf Daleen teen die mure uit. Jan probeer om in At se goeie boekies te kom, maar At is meer bekommerd oor Delia. At vra Sonja op die opknappingswerk van die patio te oorsien. Charnay ontvang goeie nuus, maar Jennifer is skepties en vermoed At sit agter alles.
Binneland: 8 Mei 2012
At verduidelik vir Sonja wat Adler wil hê, en Sonja raai hom aan om vir Hein Beckman te gaan sien. Daleen voel skuldig oor haar flankeerdery, en Charnay maak haar verskyning. Adler stel Delia Richter aan At voor, en Daleen hoor van die ongeluk op die Ruby Star.
Binneland: 7 Mei 2012
Daleen is op die oorlogspad oor Tertius sy pos gaan kwyt wees. Franz en Bea deel hulle goeie nuus met Ilse en Jennifer. At is omgekrap as Adler inmeng in die bestuur van Binneland.
Binneland: 4 Mei 2012
Gustav vertel vir At van die skietery, en Pippa en Elise is geskok oor Sofia se aksies – terwyl Sofia vir Elise oorreed om ‘n klag teen haar oom te lê. Daleen vind uit dat Gustav Tertius se pos aangebied is, en At blameer Jan vir die skietvoorval – terwyl Franz ‘n groot verrassing vir Bea het.
Binneland: 3 Mei 2012
Sofia se haat vir Irvin bereik breekpunt, en Franz vertel vir Jan van Rachel – terwyl Dan besluit hy wil vir Rachel sien, en neem Bea as sy gyselaar saam na die hospitaal. Janneke rig ‘n waarskuwing aan Gustav, en Elise begin bekommerd raak oor haar ma en Irvin wanneer sy besef dat Sofia pille kom haal het by die hospitaal. Iemand word geskiet…
Binneland: 2 Mei 2012
Danny besef Rachel is in ernstige gevaar en dit het dramatiese gevolge vir Franz, Bea en Jan. Sofia sukkel om die waarheid omtrent Irvin te verwerk en Elise besef haar ma wil stilbly oor alles. Gustav ontvang ‘n verbasende aanbod van Jennifer. Peet roep Liebenberg se hulp in om Sofia in ‘n hoek te druk.Bladsy 1 van 21 |

Binneland episodes: 14 - 18 Mei 2012
Daleen moet aangaan met haar lewe, maar sy in nog in stukke na die nuus oor Tertius. Sake verloop ook elders nie baie glad...
Binneland episodes: 7- 11 Mei 2012
Kykers kan hulself reg maak vir 'n tragiese gebeurtenis vandeesweek. Moenie 'n episode mis as jy nuuskierig is nie...
Binneland episodes: 23 - 27 April 2012
Gaan Elise se groot geheim uiteindelik vandeesweek uit kom? Wat gaan haar vriende en kollegas se reaksie wees?
Binneland episodes: 16 - 20 April 2012
Daar is steeds drama tussen Bea en Jan, maar daar is nog 'n paar kinkels in die kabel by Binneland...
Binneland episodes: 2 - 6 April 2012
Dinge gaan heel moontlik lelik raak in vandeesweek se episodes, maar daar is ook romanse in die lug...
Binneland episodes: 26 - 30 Maart 2012
Met watter slinkse planne is Jan en Stefanie besig? As jy wonder oor wat wag in hierdie week se episodes, sal hierdie foto's jou dalk 'n idee gee...
Binneland episodes: 19 -23 Maart 2012
Veroorsaak Jan weer moeilikheid in vandeesweek se episodes? Kyk hier wat kom...
Binneland episodes: 12 - 16 Maart 2012
Wat gaan aan met Conrad? Haak hy heeltemal uit hierdie week? Kyk na foto's van die week se episodes vir 'n idee van wat op kykers wag.
Binneland episodes: 5 - 9 Maart 2012
Dis die week na die ramspoedige troue en Conrad en Pippa moet die stukke van hul lewens op tel. Intussen is daar ook drama elders...
Binneland episodes: 27 Februarie - 1 Maart 2012
Groot drama wag in vandeesweek se episodes met die spanning van die troue...Bladsy 1 van 4 |

Binneland akteurs en gasspelers
As jy 'n gesig op Binneland sien, maar nie weet wie dit is of wonder wat die naam is van die karakter wat deur 'n sekere akteur vertolk word, kyk hier vir die volledige lys van akteurs en gasspelers en die karakters wat hulle vertolk.Lees Meer

Childline hulplyn
Die Binneland storielyn van Elize wat as kind gemolesteer is, het baie kykers diep geraak. Die realiteit is dat kinders daagliks dieselfde ervaar. Childline is 'n nie-winsgewende organisasie wat poog om kinders van alle vorme van geweld te beskerm. Hier's hul kontakbesonderhede...Lees Meer
Wenners van troukompetisie
Baie geluk aan die wenners van die Binneland troukompetisie - julle almal woon Conrad en Pippa se troue by!Lees Meer

Boer Soek 'n Vrou se Gert en Maritza trou!
Gert en Maritza is op Vrydag, 16 Desember 2011, getroud. Kyk Woensdag (18 Januarie) op Kwêla hoe die Boer soek 'n Vrou troue gelyk het.Lees Meer

Reynardt in sy ademsgewaad!
Kyk wie is op die voorblad van die nuwe Huisgenoot Tempo! Dis Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker van Binneland) saam met sanger Jay en David Fourie.Lees Meer

Groot dinge kom!
Terence Bridgett en Michelle Pienaar, wie die rolle van Warrick Paulse en Yvette Stuurman in die kykNET-sepie Binneland vertolk, gesels oor wat die toekoms vir hulle inhou.Lees Meer

Elma vernuwe haar lewe!
Elma Postma, Bea in Binneland, vertel hoe sy die nuwe seisoen met ’n skoon begin tegemoet gaan.Lees Meer

Elma spog op voorblad!
Maak seker jy koop 2 September se Vrouekeur-uitgawe - Elma Postma, Bea in Binneland, vertel hoe sy haar lewe 'spring clean'.Lees Meer

ADAM gaan op toer
Reynardt Hugo (Dr. Tertius Jonker) en die res van die lede van ADAM toer 17-27 Augustus 2011 deur SA se kusdorpe. Kyk waar kan jy hulle te siene kry.Lees Meer

Regte boerekos is Franci se gunsteling
Franci Swanepoel het diep in kykers se harte gekruip as Toeks in Binneland. Sy vertel wat 'n paar van haar gunsteling dinge in die lewe is.Lees Meer
Bladsy 1 van 2 |