Ons weet hulle kan sing, toneelspel en ons oor die vermaak, maar hoe is hul kookvernuf? Dít is die vraag wat Tammy-Anne Fortuin elke week probeer beantwoord wanneer sy op kykNET se eie kookprogram, Roer! saam met SA se bekendste en gewildste vermaaklikheidpersone die kombuis oorneem.

Elke episode van Roer! is ’n ervaring op sy eie, want die kyker weet nooit watter geregte Tammy-Anne en haar gas gaan voorberei nie. Maar dis veral die pret wat hulle tussendeur die kokery het wat die program so vermaaklik maak!

Wees verseker, wie ookal Tammy-Anne se gas is en wat ookal op die spyskaart is, jy wil nie ’n episode van Roer! misloop nie. Kom lag, sing, proe en speel saam - en word in die proses self ’n bobaas-sjef!

Reeks is verby.

Nuus

Karen Zoid 'rock' in die kombuis!

In die laaste episode van die huidige reeks van Roer! het Karen Zoid spaghetti bolognaise en die heerlikste pavlova gemaak. Bederf jou mense met dié geregte. Kliek hier vir die resepte.

Lees Meer

Monique ontdek 'n kooktalent op Roer!

Sangeres Monique het van jongs af geweet sy wil sing, maar het nooit gedink sy sal haarself in 'n kombuis op Roer! bevind nie. Haar geregte sal 'n groot treffer wees by jou mense - hier's die resepte vir haar lasagne en spesery ringkoek.

Lees Meer

Rocker Arno Carstens in die Roer! kombuis!

As jy gedink het Arno Carstens is net 'n 'rock' ster, dink weer! Hy het hom deur en deur in die Roer!-kombuis bewys. Hier's die resepte van die geregte wat hy voorberei het.

Lees Meer

Tinarie van Wyk-Loots kook 'n hond uit 'n bos uit

Die aktrise Tinarie van Wyk-Loots het 'n eenvoudige voorgereg en nagereg voorberei op Roer! en selfs haar eie pasta gemaak! Hier's die resepte.

Lees Meer

Riana Nel kook eenvoudige, maar heerlike disse!

Afrikaanse sangeres Riana Nel het in die Roer!-kombuis gewys dat dit nie nodig is om gekompliseerde geregte voorberei om te beïndruk nie! Sy deel graag die resepte vir die geregte met kykers.

Lees Meer

Smul aan Tracey Lange se geregte!

Tussendeur die gesels, het Tammy-Anne en Bravo-aanbieder Tracey Lange dit reggekry om 'n paar heerlike geregte op te tower. Hier's die resepte vir die geregte - pangebraaide botter- en knoffelgarnale, pasta met Cajun roomsous en Peppermint tert.

Lees Meer

Sielsvolle kos a la Albert de Wet

Albert de Wet is 'n sanger met 'n diep siel, maar hy weet ook wanneer om pret te hê! Die geregte wat hy voorberei het op Roer! is geskik vir 'n volledige driegang-maaltyd.

Lees Meer

Zanne Stapelberg kook met passie

Zanne is beslis nie 'n ernstige sopraan nie! Sy het vir groot pret op Roer! gesorg en boonop heerlike sop, filet en baklava voorberei. Hier's die resepte daarvan, spesiaal vir ons kykers.

Lees Meer

Sexy sangers laat die kwik styg op Roer!

Die drie manne van ADAM het tussendeur groot pret ook heerlike kos voorberei op Roer! Hul soetrissie voorgereg, sosatie fillet en Bar One gereg is ideaal vir jou volgende aansit-ete.

Lees Meer

Helene Truter wys haar slag op Roer!

Helene Truter, wat bekend geword het as Tannie Poppie in Vetkoekpaleis, het eenvoudige geregte voorberei op Roer!. Kry die resepte vir haar mosselsop, lasagne en gebakte poeding hier.

Lees Meer

Meer Nuus

Tammy-Anne Fortuin

Tammy-Anne is in Julie 1981 in die Paarl in die Wes-Kaap gebore en het aan die Hoër Meisieskool Paarl gematrikuleer. Tammy se studies het agter nie daar opgehou nie - sy is tans besig met haar B. Comm graad deur UNISA.

Haar roem het in 2003 begin toe sy as Mej Skiereiland gekroon is. Dieselfde jaar is sy as Eerste Prinses in die Mej. Suid Afrika kompetisie gekroon en het die modelkontrakte begin instroom.

Tammy-Anne is as 14 jarige skoolmeisie genader om modelwerk te doen maar haar studies en skoolsport het haar voltyds besig gehou. Na die Mej SA-kompetisie is sy deur STORM Modelagentskap gewerf.

In 2005 is sy genader om Roer! ‘n leefstyl kookprogram aan te bied op kykNET. Die reeks is baie suksesvol en is tans in die 5e seisoen.

Tammy is wel berese en haar modeleerwerk het haar dwars oor die wêreld geneem na lande soos Zanzibar, Dubai, Griekeland, Duitsland, Malasië en die Maldives.

Sy kom van ‘n hegte familie, pa, ma, twee susters en ‘n broer le haar na aan die hart. Sy hou van goeie kos, positiewe mense, haar hond, oefening, Nelson Mandela en opera.


Roer!: 7 Julie 2013

Arno Carstens is 'n talentvolle sanger én skilder. Hy wys sy kookvernuf in Roer.

Vir die meeste van ons is Arno Carstens die ou wat vir Springbok Nude Girls gesing het. Vir die wêreld, is hy ‘n sanger wat al saam met U2, The Rolling Stones, en Meat Loaf opgetree het! En sommer net om als te kroon het hy onlangs ook sy eerste solo-uitstalling as skilder gedoen.  Hierdie week wys die talentvolle man sy kookvernuf in Roer.

Lees Meer

Roer!: 30 Junie 2013

Tinarie van Wyk-Loots is tydloos en pragtig en sy maak vir ons allerhande interressante goed om te eet!

Op 32 het Tinarie van Wyk-Loots al ‘n CV wat baie aktrises sal groen maak van jaloesie. Haar voorliefde vir teater hou haar op die planke, maar sy is by kykers net so bekend vir al die televisie- en filmrolle wat sy al vertolk het. Sy is tydloos en pragtig en sy maak vir ons allerhande interressante goed om te eet – en boonop kom meeste daarvan sommer uit haar tuin!

Lees Meer

Roer!: 23 Junie 2013

Riana Nel gee met oorgawe – van haarself én haar musiek. Kom ons kyk of die oud-Namibiër kan kosmaak soos sy kan musiekmaak!

Riana Nel gee met oorgawe – van haarself én haar musiek. Haar pad het al gekruis oor verhoeë in Frankryk, Holland, Engeland, Rusland, Australië en Amerika, en tog  bly die talentvolle sangeres nederig oor al haar suksesse. Musiek en woorde is dinge wat van haar kinderjare af al deur haar are vloei en spontaan uit haar borrel. Kom ons kyk of die oud-Namibiër kan kosmaak soos sy kan musiekmaak!

Lees Meer

Roer!: 16 Junie 2013

Soms kan jy vir Tracey Lange hoor lag, lank voor jy haar sien aankom! Ons kan nie wag om te sien wat sy vir ons gaan voorsit nie...

Soms kan jy vir Tracey Lange hoor lag, lank voor jy haar sien aankom! Haar borrelende stem en persoonlikheid het ons al op radio én televisie vermaak en deesdae is sy te sien as aanbieder vir die glansprogram, Bravo! Sy is gek oor blomme en kleur en mooi goed, en ons kan nie wag om te sien wat sy vir ons gaan voorsit nie...

Lees Meer

Roer!: 21 Julie 2013

Daar is net een Karen Zoid – ware rockster, ikoon, en ma! En in die episode rock sy agter die kospotte!

Sondag 21 Julie om 18:00 - reeks eindig

Karen Zoid se talent is groot genoeg om ‘n hele generasie na haar te vernoem. Boonop is sy net so gemaklik op die verhoog saam met Vusi Mahlasela as saam met Metallica… En na 8 super suksesvolle albums, is haar 9e en eerste vollengte Afrikaanse album in 2012 bekend gestel. Daar is net een Karen Zoid – ware rockster, ikoon, en ma! En in die episode rock sy agter die kospotte!
Lees Meer

Roer!: 14 Julie 2013

MoniQue is ‘n musikant en vrou wat jy nie in ‘n boksie kan druk nie. Sy meen sy kan nie kook nie - ons vind uit die waarheid!

Sondag 14 Julie om 18:00

MoniQue is ‘n musikant en vrou wat jy nie in ‘n boksie kan druk nie. Sy ry branderplank, wil nog valskermspring, speel die mondfluitjie, is lief vir fotografie en diere, en lughawens is een van haar gunstelingplekke... Haar stem is vars en dinamies, maar volgens haar is haar grootste tekortkoming dat sy nie kan kook nie! Hierdie week gaan ons uitvind of dit waar is of nie!

Lees Meer

Roer!: 9 Junie 2013

Albert de Wet spog reeds met 4 baie suksesvolle albums. En as hy so kreatief is met sy kos as sy woorde, gaan ons baie lekker eet…

Hy’ skaars 27, maar Albert de Wet spog reeds met 4 baie suksesvolle albums. Dié talentvolle musikant het jazz studeer en skryf net so gemaklik in Engels as in Afrikaans. Van sy suksesse sluit onder andere in die temalied vir die gewilde fliek “Bakgat”! Sy melodieë en lirieke verklap ‘n volwassenheid en diepte ver verby sy jare. En as hy so kreatief is met sy kos as sy woorde, gaan ons baie lekker eet…

Lees Meer

Roer!: 2 Junie 2013

Ons vind uit of sangsensasie Charlize Berg darem handig is in die kombuis.

Charlize Berg

Om op die bloedjonge ouderdom van 12 jou land oorsee te verteenwoordig omdat jy so mooi sing, en dan weer op 18 omdat jy so mooi is, is dinge wat vir Charlize Berg gewoon deel uitmaak van haar lewensverhaal! PLUS op 21, het Charlize ‘n stem waarop baie mense ‘n leeftyd lank maar net kan hoop! Sy’t al liedjies opgeneem saam met sterre soos Kevin Leo, Kurt Darren, Romanz en Heinz Winckler. En vandag gaan ons uitvind of sy tussendeur dit alles darem tyd kon inpas om te leer kook ook!

Lees Meer

Roer!: 19 Mei 2013

Alhoewel Zanne Stapelberg nie juis kan kook nie, het sy spesiaal ‘n ding of twee gaan leer – net vir ons!

Zanne Stapelberg

As jy verwag om ‘n groot vrou met tannie rokke en statige maniere te sien wanneer jy hierdie opera sangeres ontmoet, gaan sy jou diep teleurstel. Zanne Stapelberg se persoonlikheid is so warm en aantreklik soos haar bloedrooi lippe en blink tiaras. Die lewens-energie borrel behoorlik uit haar uit, en as jy haar eers ontmoet het, sal jy haar nie gou weer vergeet nie. Alhoewel sy nie juis kan kook nie, het sy spesiaal ‘n ding of twee gaan leer – net vir ons! Kan nie wag nie!

Lees Meer

Roer!: 12 Mei 2013

Ons maak die manne van ADAM stilstaan vir 'n dag lank - in ‘n kombuis, al drie met voorskote!

ADAM

Adam se eerste album het skaars die rakke getref voor hulle as Beste Nuweling op die Afrikaanse musiek-horison bekroon is. Hulle is drie baie aantreklike manne wat als behalwe ‘n tipiese boy-band is en het die afgelope jaar die land behoorlik plat getoer.  Hulle het selfs op dieselfde verhoog as Westlife opgetree! Vandag maak ons hulle stilstaan vir ‘n hele dag lank… in ‘n kombuis, al drie met voorskote!

Lees Meer

Bladsy 1 van 8 |

Roer: 21 Julie 2013 - Karen Zoid

Karen Zoid se talent is groot genoeg om ‘n hele generasie na haar te vernoem. Boonop is sy net so gemaklik op die verhoog saam met Vusi Mahlasela as saam met Metallica… En na 8 super suksesvolle albums, is haar 9e en eerste vollengte Afrikaansealbum in 2012 bekend gestel. Daar is net een Karen Zoid – ware rockster, ikoon, en ma! En vandag rock sy agter die kospotte!

Roer: 14 Julie 2012 - Monique

MoniQue is ‘n musikant en vrou wat jy nie in ‘n boksie kan druk nie. Sy ry branderplank, wil nog valskermspring, speel die mondfluitjie, is lief vir fotografie en diere, en lughawens is een van haar gunstelingplekke... Haar stem is vars en dinamies, maar volgens haar is haar grootste tekortkoming dat sy nie kan kook nie! Hierdie week gaan ons uitvind of dit waar is of nie!

Roer!: 7 Julie 2013 - Arno Carstens

Vir die meeste van ons is Arno Carstens die ou wat vir Springbok Nude Girls gesing het. Vir die wêreld, is hy ‘n sanger wat al saam met U2, The Rolling Stones, en Meat Loaf opgetree het! En sommer net om als te kroon het hy onlangs ook sy eerste solo-uitstalling as skilder gedoen. Hierdie week wys die talentvolle man sy kookvernuf af in Roer.

Roer: 30 Junie 2013 - Tinarie van Wyk-Loots

Op 32 het Tinarie van Wyk-Loots al ‘n CV wat baie aktrises sal groen maak van jaloesie. Haar voorliefde vir teater hou haar op die planke, maar sy is by kykers net so bekend vir al die televisie- en filmrolle wat sy al vertolk het. Sy is tydloos en pragtig en sy maak vandag vir ons allerhande interressante goed om te eet – en boonop kom meeste daarvan sommer uit haar eie tuin!

Roer: 23 Junie 2013 - Riana Nel

Riana Nel gee met oorgawe – van haarself én haar musiek. Haar pad het al gekruis oor verhoeë in Frankryk, Holland, Engeland, Rusland, Australië en Amerika, en tog bly die talentvolle sangeres nederig oor al haar suksesse. Musiek en woorde is dinge wat van haar kinderjare af al deur haar are vloei en spontaan uit haar borrel. Kom ons kyk of die oud-Namibiër kan kosmaak soos sy kan musiekmaak!

Roer: 16 Junie 2013 - Tracey Lange

Soms kan jy vir Tracey Lange hoor lag, lank voor jy haar sien aankom! Ons kan nie wag om te sien wat sy vir ons gaan voorsit nie...

Roer: 9 Junie 2013 - Albert de Wet

Albert de Wet spog reeds met 4 baie suksesvolle albums. En as hy so kreatief is met sy kos as sy woorde, gaan ons baie lekker eet…

Roer: 2 Junie 2013 - Charlize Berg

Ons vind uit of sangsensasie Charlize Berg darem handig is in die kombuis.

Roer: 26 Mei 2013 - MK Sêr

Die tweeling Marcell en Marco Spaumer saam met die sanger Lee Scott, is die jongspan watalmal vermaak met MK Sêr en van kampus tot kampus toer om die beste serenade-groep in die land te vind. Of die drie mekaar in die kombuisgaan vind, is egter 'n ander saak en Tammy gaan haar hande vol hê met die jong klomp. 'n Dag vol lekker lag én lekker kos!

Roer: 19 Mei 2013 - Zanne Stapelberg

As jy verwag om ‘n groot vrou met tannie rokke en statige maniere te sien wanneer jy hierdie opera sangeres ontmoet, gaan sy jou diep teleurstel. Zanne Stapelberg se persoonlikheid is so warm en aantreklik soos haar bloedrooi lippe en blink tiaras. Die lewens-energie borrel behoorlik uit haar uit, en as jy haar eers ontmoet het, sal jy haar nie gou weer vergeet nie. Alhoewel sy nie juis kan kook nie, het sy spesiaal ‘n ding of twee gaan leer – net vir ons, vir vandag! Kan nie wag nie!

Bladsy 1 van 4 |

Gaste op Roer! in 2011

Tammy-Anne het saam met 'n hele klomp bekende mense heerlike kos gemaak in 2011. Van sanger Bok van Blerk en sy meisie, Hannah Grobler, tot Survivor-wenner Hykie Berg, hulle almal het behoorlik gekook!

Bladsy 1 van 1 |

Karen Zoid 'rock' in die kombuis!

In die laaste episode van die huidige reeks van Roer! het Karen Zoid spaghetti bolognaise en die heerlikste pavlova gemaak. Bederf jou mense met dié geregte. Kliek hier vir die resepte.
Lees Meer

Monique ontdek 'n kooktalent op Roer!

Sangeres Monique het van jongs af geweet sy wil sing, maar het nooit gedink sy sal haarself in 'n kombuis op Roer! bevind nie. Haar geregte sal 'n groot treffer wees by jou mense - hier's die resepte vir haar lasagne en spesery ringkoek.
Lees Meer

Rocker Arno Carstens in die Roer! kombuis!

As jy gedink het Arno Carstens is net 'n 'rock' ster, dink weer! Hy het hom deur en deur in die Roer!-kombuis bewys. Hier's die resepte van die geregte wat hy voorberei het.
Lees Meer

Tinarie van Wyk-Loots kook 'n hond uit 'n bos uit

Die aktrise Tinarie van Wyk-Loots het 'n eenvoudige voorgereg en nagereg voorberei op Roer! en selfs haar eie pasta gemaak! Hier's die resepte.
Lees Meer

Riana Nel kook eenvoudige, maar heerlike disse!

Afrikaanse sangeres Riana Nel het in die Roer!-kombuis gewys dat dit nie nodig is om gekompliseerde geregte voorberei om te beïndruk nie! Sy deel graag die resepte vir die geregte met kykers.
Lees Meer

Smul aan Tracey Lange se geregte!

Tussendeur die gesels, het Tammy-Anne en Bravo-aanbieder Tracey Lange dit reggekry om 'n paar heerlike geregte op te tower. Hier's die resepte vir die geregte - pangebraaide botter- en knoffelgarnale, pasta met Cajun roomsous en Peppermint tert.
Lees Meer

Sielsvolle kos a la Albert de Wet

Albert de Wet is 'n sanger met 'n diep siel, maar hy weet ook wanneer om pret te hê! Die geregte wat hy voorberei het op Roer! is geskik vir 'n volledige driegang-maaltyd.
Lees Meer

Zanne Stapelberg kook met passie

Zanne is beslis nie 'n ernstige sopraan nie! Sy het vir groot pret op Roer! gesorg en boonop heerlike sop, filet en baklava voorberei. Hier's die resepte daarvan, spesiaal vir ons kykers.
Lees Meer

Sexy sangers laat die kwik styg op Roer!

Die drie manne van ADAM het tussendeur groot pret ook heerlike kos voorberei op Roer! Hul soetrissie voorgereg, sosatie fillet en Bar One gereg is ideaal vir jou volgende aansit-ete.
Lees Meer

Helene Truter wys haar slag op Roer!

Helene Truter, wat bekend geword het as Tannie Poppie in Vetkoekpaleis, het eenvoudige geregte voorberei op Roer!. Kry die resepte vir haar mosselsop, lasagne en gebakte poeding hier.
Lees Meer

Bladsy 1 van 3 |

Karen Zoid se pavlova

Hierdie nagereg sal selfs diegene wat nie 'n soettand het nie verlei!
Lees Meer

Karen Zoid se Spaghetti bolognaise sampioen pasta

Spaghetti is beslis nie net vir die Italianers nie!
Lees Meer

Monique se tuna en spinasie lasagne

'n Baie gesonde gereg - bedien dit saam met 'n groen slaai.
Lees Meer

Monique se spesery ringkoek

Hierdie is perfek vir teetyd! Die karamelstroop maak dit ekstra spesiaal.
Lees Meer

Arno Carsten se sjokoladekoekpoeding

'n Heerlike, souserige nagereg wat beslis jou soettand tevrede sal stel.
Lees Meer

Arno Carstens se waterblommetjiebredie

Waterblommetjiebredie is eg Suid-Afrikaans. Bedien met rys of pasta.
Lees Meer

Arno Carstens se visvoorgereg

Vir visliefhebbers is hierdie slaai hemels!
Lees Meer

Tinarie van Wyk-Loots se Terrible Tienkie Tert

'n Eenvoudiger nagereg sal jy beslis nie kry nie!
Lees Meer

Tinarie van Wyk-Loots se vars tuisgemaakte pasta met frikkadelle

Maak jou eie pasta, wat jy saam met frikkadelle, gebraaide tamaties en gekarameliseerde uie bedien.
Lees Meer

Tinarie van Wyk-Loots se bruschetta met sampioene feta en grasuie

Franse brood en sampioene - dis al wat jy kort om 'n heerlike voorgereg voor te berei!
Lees Meer

Bladsy 1 van 10 |


  • Nuwe reeks van Jou Show!


    kyknet musiek


  • Vallei van Sluiers


    kyknet musiek


  • kykNET Winkel


    kyknet musiek

  • Vind ons op WeChat


    kyknet musiek
  • Nuusbrief


    Teken in op ons nuusbrief!

    Is jy gereed om die jongste nuus, hoogtepunte, video's en nog vele meer te ontvang? Voltooi asseblief die onderstaande vorm.

  • kykNET op Twitter

    kyknet musiek
  • Kontak kykNET


    kyknet musiek

  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds

Switch to the Mobile Version