Molly en Wors

 
27 Feb 2013

Molly en Wors: 4 Maart 2013

Molly is vies vir Wors omdat hy neerhalend was oor ‘n droom wat sy gehad het. Sonskyn Paradys se bestuur laat Ella arresteer vir brandstigting!

 
20 Feb 2013

Molly en Wors: 25 Februarie 2013

Blapsie het ‘n pasiënt nodig vir haar masseer klas en sy kies Hardus. Vaatjie is erg onsteld dat sy nie vir Theunis gekies het.

 
12 Feb 2013

Molly en Wors: 18 Februarie 2013

Wors se kollegas by die werk sê hy moet sy voet neersit en vir Molly wys wie dra die broek in die huis. Hy doen dit, met nare gevolge…

 
6 Feb 2013

Molly en Wors: 11 Februarie 2013

Ouma Ella daag ongenooid op om Wors te vra of sy by hulle mag intrek. Molly weier volstrek en Wors moet kies…

 
30 Jan 2013

Molly en Wors: 4 Februarie 2013

Molly besluit om die hele gesin op ‘n gesonde vrugte dieet te plaas omdat sy wat Molly is, gewig opgetel het. Ella het ‘n tydelike kontantvloei probleem…

 
23 Jan 2013

Molly en Wors: 28 Januarie 2013

Dis Blapsie se eerste dag by die Poly-Ann School of beauty en sy is baie senuweeagtig.

 
15 Jan 2013

Molly en Wors: 21 Januarie 2013

Wanneer Blapsie haarself verskoon omdat sy iewat naar voel, merk Molly onraad… Sy konfronteer Blapsie oor die naar voel storie

 
11 Jan 2013

Molly en Wors: 14 Januarie 2013

Vaatjie doen navorsing op die internet vir sy Franse Vis disse taak, maar Molly vermoed hy kyk na vieslike films…

 
3 Jan 2013

Molly en Wors: 7 Januarie 2013

Blapsie slaag haar onderhoud vir die Polly-Ann School of Beauty en beide Theunis en Hardus daag op met blomme en sjokolade…

video
27 Mrt 2012

Molly & Wors: 26 Maart 2012 – (Deel 2)

Die groot dag het aangebreek! Ella soek skoor met Molly en maak amok tydens die seremonie – sy het alreeds in die sjampanje ingeklim.

video
27 Mrt 2012

Molly & Wors: 26 Maart 2012 – (Deel 1)

Almal se senuwees is in flarde oor die troue. Hulle bespreek hoeveel gaste is genooi en wat die kleredrag is. Wors is nie baie in sy noppies dat hy ‘n pak moet aantrek nie. Vaatjie dink hy het koue voete…

ID:53538