Lien se lankstaanskoene

 
28 Mrt 2013

Lien Jooste (Carmen Pretorius)

Ongeveer 18 jaar staan aan die begin van haar matriek jaar. Oorspronklik uit ‘n goeie wel af voorstedelike gesin met al die geriewe en waardes wat daarmee saam gaan; bevind sy haarself oornag met haar pa toegesluit vir bedrog…

 
28 Mrt 2013

Lien se Lankstaanskoene

Lien Jooste en haar gesin het ’n goeie lewe gehad tot haar pa, ’n gesiene man, tronk toe gestuur is vir geldverduistering. Hulle verloor alles en Lien, haar ma, Christien, en haar jonger broer, Braam, eindig op in ’n klein woonstelletjie in die stad.

 
28 Mrt 2013

Christien Jooste (Franci Swanepoel)

‘n Ma van twee tieners haar seun Braam, ‘n kranige krieket speler in graad 8 en dogter Lien in graad 12. Vermoedelik in haar middel veertigs.

 
27 Mrt 2013

Braam Jooste (Tiaan Kelderman)

‘n Graad 8 leerling en kranige krieket speler. Saam met sy ouer suster Lien in matriek op dieselfde skool. Tipies van ‘n seun op hierdie ouderdom probeer hy hom nie steur aan sy ma se alkohol probleem en sy pa wat in die tronk sit weens bedrog nie en vind sy toevlug in sy krieket.

 
25 Mrt 2013

Bets (Marie Pentz)

Tannie Bets bly in dieselfde woonstel blok as die gesin Jooste. Sy ontferm haar oor die familie en veral die twee kinders Lien en Braam se behoeftes lê haar na aan die hart.

 
24 Mrt 2013

Wouter (Gideon Lombard)

Wouter ook in Graad 12 is dieselfde ouderdom as Lien, hy is haar beste vriend en staan in as ‘ouer broer’ in Lien se lewe.

 
23 Mrt 2013

Hein (Eben Groenewald)

Hein is in dieselfde registerklas as Lien. Hulle beland saam in dieselfde Lewens Oriënterings groepie met die opdrag om navorsing te doen oor ‘n loopbaan in Regte.

 
22 Mrt 2013

Miemie (Fredia Roux)

Ook saam met Lien in dieselfde Matriekklas. Totaal die teenoorgestelde van Lien ‘n uitgesproke ekstrovert!

 
21 Mrt 2013

Tibbey (Fiks Mahola)

‘n Gesoute swart straat bedelaar. Hy ken sy kliënte hier by die kruising feitlik elkeen op sy voornaam. Hy het geen benul van rugby nie maar doen hom voor as ‘n stoere Blou Bul ondersteuner, hoedjie, vlag en al!

 
21 Mrt 2013

Roos (Elise Cawood)

Lien ontmoet vir Roos wanneer sy besluit om te begin bedel by ‘n besige kruising in Pretoria se strate. Roos is die hoofvrou oor drievan hierdie groepie bedelaars op “Entertainment Corner”.

 
20 Mrt 2013

Juffrou Breytenbach (Angelique Pretorius)

Juffrou Breytenbach so in haar middel twintiger jare , jonk van gees en vol kreatiewe idees is Lien se Register onderwyseres en behartig die regie van die skool se jaarlikse drama opvoering

ID:58199