Fiësta

Maandae om 20:00

Herhalings

Dinsdae om 11:30

Woensdae om 09:30

Vrydae om 15:30

Sondae om 07:00

Lees meer

Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook in buurlande soos Namibië. Ons besoek weekliks ’n ander fees. Só word daar nie net regoor die land gekuier nie, maar ons bring interessante plekke na die sitkamers van ons kykers. Groot feeste soos die Absa KKNK, die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees en Innibos word jaarliks besoek. Dit is egter nie waar dit stop nie. Ons besoek ook van die kleiner feeste op plekke in die land waar mense nie aldag kom nie. Ná meer as tien jaar is daar steeds dorpe en feeste waar Fiësta nog nie gekuier het nie en stel ons jaarliks ook van dié feeste aan ons kykers bekend. Wat Fiësta verder uniek maak is die feit dat ons elke week ’n ander aanbieder het. Ons aanbieders is gewoonlik bekende sangers of akteurs wat by die feeste optree. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na fiesta@compute.co.za.

hoogtepunt
24 Aug 2015

Fiësta: 24 Augustus 2015

Fiësta kuier by die top-18-ronde van Shoprite Checkers Championship-boereworskompetisie wat vanjaar ’n heel nuwe formaat aanneem.

hoogtepunt
17 Aug 2015

Fiësta: 17 Augustus 2015

Vandeesweek op Fiësta gaan kuier ons by Oppikoppi, wat hierdie jaar 21 jaar oud geword het.

hoogtepunt
3 Aug 2015

Fiësta: 3 Augustus 2015

Die groot verskeidenheid wynlandgoedere en -plase in die pragtige Robertson-vallei span jaarliks kragte saam vir hul bekende Wacky Wine Weekend.

hoogtepunt
27 Jul 2015

Fiësta: 27 Julie 2015

Die Vrystaat Kunstefees is Bloemfontein se eie medisyne om die winterkoue mee te verdryf. Fiësta het gaan inloer.

hoogtepunt
20 Jul 2015

Fiësta: 20 Julie 2015

Fiësta het vandeesweek gaan inloer by vanjaar se Kirkwood Wildsfees. Dié fees was propvol vermaak en lekker musiek vir elke smaak.

hoogtepunt
13 Jul 2015

Fiësta: 13 Julie 2015

Ons maak ’n draai by Innibos 2015. Getroud met Rugby se Altus Theart is ons gas-aanbieder.

hoogtepunt
22 Jun 2015

Fiësta: 22 Junie 2015

Ons maak ’n draai by die Kaasfees. Die kokkedore Johnny Hamman en Marius Uys is ons gas-aanbieders.

hoogtepunt
15 Mei 2015

Fiësta: 18 Mei 2015

Vanjaar het Fiësta en ons gas-aanbieders, die groep Tribal Echo, weer kom saamkuier by die Franschhoek Oesfees.

hoogtepunt
11 Mei 2015

Fiësta: 11 Mei 2015

Die Suidoosterfees is so Kaaps soos die Suidooster self en ook net so uniek aan die Kaap.

hoogtepunt
24 Apr 2015

Fiësta: 27 April 2015

Ons maak ’n draai by die kykNET Buite-ekspo naby Malmesbury. Nadia Beukes is ons gas-aanbieder.

hoogtepunt
11 Apr 2015

Fiësta: 13 April 2015

Die ABSA KKNK is vanjaar mondig en watter fees het nie op ons gewag nie!

ID:166310