eNuus

Daagliks om 19:00

Lees meer

eNuus se eerste nuusbulletin is op 18 Julie 2010 uitgesaai. Dié datum is ook die verjaarsdag van oudpres. Nelson Mandela. Die pioniers van die projek is saamgestel uit joernaliste met wye ervaring in koerante, radio en televisie. Sedertdien het eNuus gegroei tot ’n formidabele span nuusmense – trots op wat hulle doen en beskermers van die handelsmerk en sy waardes. eNuus is nie net ’n Afrikaanse of Afrikaner-nuusbulletin nie – ons omhels die totaliteit van Suid-Afrika en sy diversiteit. In daardie opsig is eNuus meer as ’n nuusbulletin – ons is deel van ons gemeenskap en gee vir hulle om. Daarom het ons ’n span van ons eie verslaggewers en vertaal nie net Engelse nuus in Afrikaans nie. Dit maak ons inhoud uniek. Die nuuslesers is deel van die skryfspan – hulle daag nie net laatmiddag op en lees die nuus op televisie nie. Hulle is dus deel van die nuus en nie net pratende gesigte op die TV-skerm nie. Terselfdertyd is eNuus deel van die 24 uur-nuuskanaal eNCA op DStv. Dit gee ons toegang tot ’n wye netwerk nuushulpbronne. Sport is vir ons belangrik en ons bied omvattende dekking van die grootste sportsoorte, maar het ook ‘n sagte plekkie vir die kleineres – daar waar mense presteer sonder om groot tjeks te verdien. Ons het ons eie weerspan – omvattende weervoorspellings deur ons eie meteoroloë. Ons hou van stories oor mense. Gaan kyk gerus na dit wat jy al misgeloop het op eNuus by www.enca.com/encaafrikaans. Die beste nuusdekking op televisie in Afrikaans word elke aand regstreeks om 19:00 op kykNET (kanaal 144) en kykNET & kie (kanaal 145) uitgesaai. Volg eNuus ook op Twitter onder die naam @enuus, stuur e-pos na enuus@enca.com of bel ons by 011 759 6454.

video
16 Jan 2017

eNuus: Pleegouers vir jong gidshonde gesoek

Die Suid-Afrikaanse gidshondvereniging doen ’n beroep op mense om hulle te help om vanjaar sowat 100 honde op te lei.

video
11 Jan 2017

eNuus: Wiskundeonderrig is nasionale krisis

eNuus: Die Helpende Hand-organisasie se Skoleondersteuningsentrum sê wiskundeonderrig op skool moet verklaar word tot ‘n nasionale krisis.

video
14 Des 2016

eNuus: Danville-liggiehuis ontvang minder skenkings

Meer as 950 gesinne en 450 bejaardes word op Oukersaand deur Danville-liggiehuis-projek gevoed. Honderde kinders ontvang ook kersgeskenke.

video
12 Des 2016

eNuus: Paspoort vir kinders beplan

Die department van binnelandse sake sê hy werk hard om te verseker Suid-Afrikaners kan moeiteloos reis. Ouers wat saam met hulle kinders reis, gaan glo die meeste voordeel trek. En dit alles danksy ‘n nuwe paspoort.

video
4 Des 2016

eNuus: Oorbevolking neem toe in tronke

Die probleem van oorvol tronke word al hoe erger. Sommige van Suid-Afrika se gevangenisse is meer as 200% vol.

video
29 Nov 2016

eNuus: Duncan Smuts se beste vriend

’n Golden Retriever van die Moederstad is Suid-Afrika se eerste gesertifiseerde mediese hulphond. Die hond is opgelei om sy eienaar, wat ‘n diabeet is, te help om dié komplekse gesondheidstoestand te bestuur.

video
21 Nov 2016

eNuus: Vier dood na plesierboot-brand

’n Ondersoek het reeds begin na die plesierbootongeluk Saterdag op die Hartbeespoortdam in Noordwes waarin vier vroue dood is.

video
18 Nov 2016

eNuus: Rowers teiken kinderhuis, ontvoer seuns

eNuus: Kinders van ’n Johannesburgse kinderhuis ontvang traumaberading nadat vier van hulle maats ontvoer is.

video
14 Nov 2016

eNuus: Is Trump slegte nuus vir Afrika?

eNuus: Daar is vrese dat die verkiesing van Donald Trump as die nuwe Amerikaanse president slegte nuus vir Afrika kan beteken.

video
10 Nov 2016

eNuus: ANC-werkkomitee staan by Zuma

Te midde van groot druk binne die ANC dat die party weer op koers geplaas moet word, en dat president Jacob Zuma, en selfs die topbestuur, moet bedank, het die party se nasionale werkkomitee die afgelope twee dae indringend self-ondersoek gedoen.

video
7 Nov 2016

eNuus: Gordhan kap weer na bedrogklag

Minister Pravin Gorhan het die bedrogklagte wat vroeër teen hom ingedien is, weer as polities-gemotiveerd beskryf. Gordhan het ook die publiek bedank vir hulle ondersteuning in sy eerste openbare boodskap ná die aankondiging dat die klagte laat vaar is.

ID:486206