Dagbreek is kykNET se ontbytprogram.  Die hooffokus van die program is nuus en aktualiteit. Kykers word op hoogte gehou van weer en verkeer asook die jongste sportgebeure. Ses professionele aanbieders behartig onderskeie aspekte van die program se inhoud. Kykers ontvang ook vars inligting oor die ekonomie, politiek en werksgeleenthede, met kenners op elke gebied as gereelde gaste. Ontwikkeling is vir ons belangrik en daarom lê ons ook klem op landbou, tegnologie, eko- en groensake, mediese en gesondheidsonderwerpe.

Leefstylkwessies word ook aangeraak met insetsels wat onder meer fiksheid, kos, wyn, tuine, mode, troeteldiere asook self-doen projekte en toerisme insluit. Kykers dra kennis  van die nuutste films, boeke, teaterstukke, kunsuitstallings en feeste, asook die doen en late van plaaslike bekendes.

Dagbreek word op 'n gestruktureerde manier verpak, met genoeg ruimte vir ateljee-onderhoude, interessante stories, verantwoordelike nuus, leefstylwenke en kunsbespreking.

Vir navrae:

Tania de Villiers (Produksie) - 010 591 6483

Of stuur 'n e-pos na Kontak@dagbreek.tv of admin@dagbreek.tv

Kyk na al die hoogtepunte op Dagbreek op kykNET se Youtube kanaal. Hier's die skakels vir elke maand se insetsels.

-Julie 2013

-Augustus 2013

-September 2013

-Oktober 2013

-November 2013

-Desember 2013

-Januarie 2014

-Februarie 2014

- Maart 2014

- April 2014

Nuus

Dagbreek se Rozanne is 'n seuntjie ryker

Dagbreek-aanbieder Rozanne McKenzie het Vrydagoggend 18 April geboorte aan 'n gesonde babaseuntjie geskenk.

Lees Meer

Dagbreek Youtube insetsels

Kyk na al die hoogtepunte op Dagbreek op kykNET se Youtube kanaal. Hier's die skakels vir elke maand se insetsels.

Lees Meer

Dis wat die Dagbreek-aanbieders dink

Watter van die Dagbreek-aanbieders is oggendmense en wat was hul gunsteling oomblik op die program tot dusver? Ons het hulle elkeen van hulle 'n paar vrae gevra - die antwoorde was baie interessant...

Lees Meer

Dagbreek: 27 - 30 Mei 2013

As jy Dagbreek vandeesweek kyk, gaan jy gemotiveer word vir 'n beter lewe, ingelig word oor die nuutste landsake en boonop oefeninge leer doen wat net goed is vir jou hart!

Lees Meer

Luister Dagbreek waar ookal jy gaan!

As jy nie Dagbreek soggens op TV kan kyk nie, kan jy steeds daarna luister op jou selfoon of op jou rekenaar!

Lees Meer

Ná 20 jaar is Bettie Kemp terug op die kassie

Ná 20 jaar van onder meer radiowerk en die maak van dokumentêre, is Bettie terug op TV, dié keer as ’n aanbieder van kykNET se nuwe regstreekse oggendprogram, Dagbreek.

Lees Meer

Cruy jou kapsel!

Riaan Cruywagen is terug op die kassie! Hy het op 4 Februarie aangesluit by die Dagbreek-span as aanbieder. Klik hier om jou kapsel te Cruy.

Lees Meer

kykNET verwelkom vir Riaan Cruywagen!

Uiteindelik kan ons bekend maak - Riaan Cruywagen sluit vanaf 4 Februarie by die Dagbreek-span aan!

Lees Meer

Regsklinieke - kontakbesonderhede

Linette Retief het op Dagbreek vertel waar verbruikers kan gaan vir regshulp. Hier's die kontakbesonderhede.

Lees Meer

Leer ken die Dagbreek-span beter

kykNET se Dagbreek-span het geskiedenis gemaak deur die eerste ontbytspan te word wat die jongste nuus, weer en verkeer eksklusief in Afrikaans na jou bring. Vrouekeur het hulle beter leer ken.

Lees Meer

Meer Nuus

Riaan Cruywagen

Riaan Cruywagen is die langsdienende TV-aanbieder in Suid-Afrika.  In 2013 vier hy 48 jaar in die uitsaaiwese, waarvan hy die eerste 10 jaar as omroeper by die radio deurgebring het, en die laaste 38 jaar by televisie.

Hy het as student op Stellenbosch met ‘n SAUK-studiebeurs gestudeer en toe reeds deeltyds in Kaapstad oor die radio begin uitsaai.  Hy het van 1971 tot 1974 as Afrikaanse radio-omroeper by Radio Nederland Wêreldomroep in Holland gewerk. Van 1981 tot 1984 was hy die SAUK se verteenwoordiger in die VSA, Kanada en by die Verenigde Nasies, en het hy in Washington gewoon.

Riaan het sy buiging as TV-nuusleser op 26 November 1975 gemaak ten tyde van die toetsuitsendings, nog voordat die amptelike uitsendings in 1976 begin het. Presies 37 jaar later, op 26 November 2012, het hy onder groot openbare belangstelling as TV-nuusaanbieder uitgetree.

Sy uittrede was van korte duur, want op 1 Februarie 2013 het hy hom as een van die ankeraanbieders by kykNET se ontbytprogram Dagbreek aangesluit. Hy beskou dit as ‘n voorreg om dekades se uitsaai-ervaring en kundigheid tot die beskikking van ‘n dinamiese kanaal soos kykNET te stel, en by te dra tot die uitbouing van Dagbreek tot die vlagskip van alle programme in dié genre.

Hy en sy vrou Riana woon in Randburg.  Hulle het ‘n getroude dogter en twee kleinkinders, Tiaan en Emma.

Riaan het in April 2012 sy eerste boek gepubliseer – Wat’s Nuus?.  Dit is reeds twee keer herdruk en is ook in Engels vertaal as What’s News?. ‘n Oudio-weergawe van die boek in Afrikaans, wat hy self voorlees, het ook verskyn.

Die boek is Riaan se herinneringe aan sy kinderjare, studentedae, sy verblyf oorsee, en sy jare by die radio en televisie in Suid-Afrika.  Dit is deurspek met staaltjies en humor, en stel die leser in staat om die mens agter die naam Riaan Cruywagen goed te leer ken.

In Desember 2006 was Riaan Cruywagen die eerste ontvanger van ‘n Golden Plume-toekenning toe hy deur die SAUK en die Departement van Kommunikasie vereer is “uit erkenning vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse televisie-uitsaaibedryf” sedert 1976.

Ander huldigings het gekom van sy tuisdorp Randburg, asook Rustenburg en George, en sluit ook toekennings van die ATKV en die Rapportryers in.

Die Klub vir Studenteraadsvoorsitters van sy alma mater, die Universiteit van Stellenbosch, het hom in November 2007 vereer met ‘n goue erepenning vir “sy bydrae tot Afrikaans in die algemeen en televisie in die besonder”.

Dalen Lance

Dalen Lance is al van 2001 af besig om die Suid-Afrikaanse TV-landskap te verken met verskynings op talle uitsaaiers se programme. Sy ondervinding as aanbieder sluit onder andere in twee seisoene van die etv-reeks STEP UP OR STEP OUT, die SABC2-reeks BLING, die M-Net realiteitsreeks HIGH SCHOOL MUSICAL, en die etv-reeks 20Something. As akteur het Dalen al verskyn op programme soos Fishy Fashions, ThisLife, SOS en Cave Girl (‘n BBC produksie). Dalen se rolprent ondervinding sluit Dollars and White Pipes asook  Zenon 3 in. Hy was ook al te sien in verskeie verhoogproduksies, onder meer as die titelkarakter in Joseph and The Amazing Technicolour Dreamcoat, Curl Up & Dye, Orphans of Qumbu en Ugly Duckling.

Dalen was in 2011 die gesig van die ABSA Kweeka veldtog en is tans besig met sy MBA studies deur UNISA.

Bettie Kemp

Bettie Kemp werk as radio en TV-aanbieder, aktrise in alle mediums en as regisseur van drama en dokumentêre programme vir radio. Sy is ook ‘n nuusleser en kontinuiteitsaankondiger.

Bettie is ‘n ervare stemkunstenaar van handelsprodukte, en is die afgelope paar jare ook die Afrikaanse stem vir Standard Bank se telefoniese inbeldienste.

Sy het in heelparty verhoogproduksies by kunstefeeste opgetree en verskeie toekennings en nominasies ontvang. Onlangs, in 2010/2011, is sy vereer as beste aktrise in ‘n ondersteunende rol vir die verhoogstuk Dood van ‘n Verkoopsman/Death of a Salesman.

Sy het twee VITA-nominasies gekry vir haar solo-verhoogproduksies ‘Kom Nader’.

By die afgelope 2012 Aardklop fees is sy genomineer as beste aktrise vir haar rol in TaMiem van Swellendam.

Bettie het ook al rolle gehad in die sepies Villa Rosa en Binneland.

Pierre Breytenbach

Pierre Breytenbach het sy BA Drama in 1998 aan Tukkies verwerf, en is toe kop eerste by die diepkant in. Hy het dadelik op die verhoog begin werk in musiekblyspele en komedies. Sedertdien het hy al saam met groot name die verhoog gedeel en programme soos "Die Casper Rasper Show", "Spekskieters", en elke denkbare sepie in die land, het hom lekker besig gehou in die afgelope dekade. Onlangs was hy te sien in kykNET se improvisasiekomedie "Proesstraat". Pierre is nie net ‘n briljante grapjas nie, maar het ook al ernstige vertonings gelewer vir TV en die silwerdoek. Pierre was ook in die afgelope vier jaar ‘n veldaanbieder vir die bewaringsaktualiteitsprogram ‘50/50’ , omdat hy ‘n groot waardering vir die natuur en buitelewe het – en die kwessies wat deur die onderwerpe aangeraak word belangrik is.

Rozanne Bishop

Rozanne McKenzie het in 2003 haar Honneurs graad in Drama aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, waarna sy haar hand aan ‘n verskeidenheid van werke probeer het – sy was selfs op ‘n kol ‘n onderwyseres, en later ook ‘n korporatiewe opleier. Haar liefde vir die uitvoerende kunste en aktualiteitskwessies kom al van kleins af en toe sy in 2008 die geleentheid gegee is om veldaanbieding op Kwêla te doen, het sy onmiddelik die kans gegryp. In haar vrye tyd doen sy CrossFit, sy gaan fliek, eet graag uit en is mal oor reis. Rozanne is baie opgewonde oor die nuwe avonture wat Dagbreek haar gaan bied.

Harald Richter

Harald Richter het na die voltooiing van sy studies sy talent vir die uitvoerende kunste tot amper elke bestaande genre aangewend, van verhoogdramas tot televisie-sepies, van aanbieder tot advertensies, en van opera tot pantomime en kabaret.

Vanaf 2004 suig Harald se sangtalent ongelukkig aan die agterspeen en het hy die quasi “camel man”, Charl Retief, in die kykNET-sepie Villa Rosa gespeel vir agt jaar lank. Hy is wel met die VONK-toekenning vir beste boeremusiekalbum in 2009 vereer, vir “Ou Kraalliedjies”.

Harald het die wêreld van vervaardiging betree en ‘n ongekende passie daarvoor in homself ontdek. Vir “Proesstraat”, een van kykNET se top tien programme, het hulle drie SAFTA toekennings ontvang, waarvan een aan Harald toegeken was as regisseur. “My Man Kan”, ook deur Harald vervaardig het onlangs ook op kykNET die lig gesien en hy hoop dat dit net so ‘n suksesverhaal vir die kanaal sal wees.

Elma Smit

Elma Smit is ‘n veelsydige jong radio- en televisie aanbieder. Van rugby aanbieder by die 2011 Rugby Wêreldbeker vir SuperSport, na eksklusiewe onderhoude met die wêreld se voorste musikante vir MK en 5FM, na modelwerk by SA Modeweek – ken sy werklik geen perke nie.

Elma het as skolier reeds haar tande in die uitsaaiwese geslyp in gemeenskapsradio en later in kampusradio op Stellenbosch. Sedertdien het sy as aanbieder van Studio1 op MK  naam gemaak, sy bied ook ‘n segment op SuperSport se Boots & All aan en op Sondagaande kan jy inskakel en luister na haar radioprogram, El-ternative op 5FM.


Dagbreek: 9 Julie 2013

Marisa Oosthuizen van Lead SA vertel van hul suksesse met projek Drug Watch en Crimeline. Kaizer Kganyago van die SABC is ook 'n gas.

Twee Dagbrekers maak 'n groot verskil met hulle veldtog om maats wat uit huise kom waar daar trauma is, te help. Hulle is in graad sewe. Marisa Oosthuizen van Lead SA kom vertel van hul suksesse met projek Drug Watch en Crimeline. Kaizer Kganyago, van die SABC, kom stel sy kant van die Project Spear-saak en in Van nature help Antoinette en Johannes met raad vir tandpyn.
Lees Meer

Dagbreek: 4 Julie 2013

Grieta Pike gee raad oor aandele en Anthoni van Nieuwkerk kom praat politiek.

Grieta Pike gee raad oor aandele in Insake en Anthoni van Nieuwkerk kom praat politiek en uiteraard gaan ons kyk na die Mandela’s en die revolusie in Egipte.

Ons gesels met die redaktuer van die tydskrif Noseweek oor die dokumentêre film wat die SABC nou weier om uit te saai en waarvóór hulself boonop betaal het. Hoekom? Ons hoor ‘n interessante kant van dié saak.
Lees Meer

Dagbreek: 2 Julie 2013

Die 400-meter-hekkie-atleet, L.J. Van Zyl, en Jans Rautenbach, bekende en geliefde Suid-Afrikaanse filmmaker, is ons gaste.

Christo Botes, uitvoerende direkteur by Business Partners en woordvoerder van die Sanlam/Business Partners Entrepreneur van die Jaar-kompetisie gesels met ons oor entrepreneurskap.

400-meter-hekkie-atleet, L.J. Van Zyl, sluit by ons aan en gee ons 'n idee van wat professionele atlete se gevoelens is rondom die SASKOK – ASA struwelinge.

Ons praat met Luke McKend, nasionale bestuurder van Google, oor twee wonderlike projekte van Google wat ten doel het met die verbetering van internet toegang in veral landelike gebiede.

Ons gesels met Jans Rautenbach, bekende en geliefde Suid-Afrikaanse filmmaker.
Lees Meer

Dagbreek: 1 Julie 2013

Prof Melodie Slabbert praat oor die etiese kwessies rondom genadedood en Carel van Aardt bespreek die ekonomie.

Prof Melodie Slabbert praat oor die etiese kwessies rondom genadedood en wat die pasiënt se regte is met betrekking tot ingryping. Willie Spies kom vertel wat die positiewe implikasie is van die eenparige regsbesluit oor die opveil van Robert Mugabe se eiendom in Kenilworth. Carel van Aardt bespreek die ekonomie en die skerp styging in inflasie, maar ons kuier darem ook by kunstenaar Michael Taylor en maak ‘n Bloody Mary in Kos is op die tafel.
Lees Meer

Dagbreek: 27 Junie 2013

Ons Dagbreker is Richard van As, wat kunsmatige hande vervaardig, en Johan van Zyl gesels oor nuwe MIV-statistiek.

Ons Dagbreker, Richard van As, is 'n filantroop en meester skrynwerker wat kunsmatige hande vervaardig vir mense wat hulle hande verloor of ernstig beseer.

Johan van Zyl van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing praat met ons oor nuwe MIV-statistiek.

Levy Masete, Studente Raad Voorsitter van UJ en Bantu Mnene, Voorsitter van SASCO – gesels met ons oor hoekom so baie studente ontsteld is oor die universiteit se besluit om Barack Obama 'n eredoktorsgraad te gee.
Lees Meer

Dagbreek: 25 Junie 2013

Ons praat oor hoe belangrik dit is om 'n netwerk op te bou en ons Dagbreker, Pieter du Preez, is 'n ware inspirasie.

Ons praat oor hoe belangrik dit is om 'n netwerk op te bou.

Ons Dagbreker, Pieter du Preez, is 'n ware inspirasie. Hy het in Mei die eerste man ter wêreld geword wat met C4 tot C7-nekwerwel-beserings ’n half-ysterman-kompetisie kon voltooi.

Ons praat oor die Khomani-San.
Lees Meer

Dagbreek: 24 Junie 2013

Ons gesels met dr. Japie van Zyl, ’n adjunkdirekteur by NASA, en Piet Croucamp gesels oor Mamphela Ramphele se nuwe party.

Ons gesels met dr. Japie van Zyl, ’n adjunkdirekteur by NASA, en ook lid van die span wat die Curiosity Rover op Mars geplaas het.

Agang is amptelik eergister as politieke party bekendgestel. Hoe voel jy oor Agang? Sal dit opposisie-politiek in die land verander? Verteenwoordig Mamphela Ramphele ’n nuwe soort leier? Ons gesels met analis Piet Croucamp oor Agang se stigtingsvergadering wat Saterdag gehou is.

Cuan Kemp van Kryolan gee wenke vir wintergrimering.
Lees Meer

Dagbreek: 21 Junie 2013

Landskapskunstenaar Strijdom van der Merwe is die Dagbreker.en die nuwe Fiat Qubo word getoets.

Landskapskunstenaar Strijdom van der Merwe is die Dagbreker.

Ons resenseer die rolprent To the Wonder en vier Go Skateboard-dag met ‘n paar skaatsplanke in die ateljee.

Die nuwe Fiat Qubo word getoets en in Parstyd drink Dagbreek wyn op die plaas Laborie in die Paarl.

Daar is darem nuus ook en Pieter du Toit van Beeld bespreek die koerante.
Lees Meer

Dagbreek: 19 Junie 2013

Zirk van den Berg gesels met ons oor sy nuwe misdaadroman en Zakiyya Ismail lig ons in oor hoe verbruikers hulle stemme kan dik maak...

Drie passievolle en betrokke jongmense gesels oor die Suid-Afrikaanse jeug se grootste struikelblokke.

Zirk van den Berg gesels met ons oor sy nuwe misdaadroman "'n Ander Mens".

Zakiyya Ismail lig ons in oor hoe verbruikers hulle stemme kan dik maak oor die geneties gemanipuleerde produkte op die mark.
Lees Meer

Dagbreek: 14 Junie 2013

Ons gesels ook met die akteur Troye Sivan oor die film Spud: The Madness Continues, sowel as oor Wêreld Bloedskenkerdag.

Vandag is Wêreld Bloedskenkerdag en Charlotte Ingram, die mediese direkteur van die nasionale bloeddienste, praat met ons oor die noodsaaklikheid van bloedskenk.

Ons gesels ook met die akteur Troye Sivan oor die film Spud: The Madness Continues.
Lees Meer

Bladsy 1 van 9 |

Dagbreek: 28 Augustus 2014 - Albert van Jaarsveld

Doktor Albert van Jaarsveld, die uitvoerende hoof van die Nasionale Navorsingstigting, is vanaf 1 Februarie volgende jaar die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Ons gesels met hom hieroor.

Dagbreek: 28 Augustus 2014 - SA Vlootmuseum

In ons weeklikse Retoer-segment besoek ons die Suid-Afrikaanse Vlootmuseum in Simonstad. So, as jy belangstel in skepe, duikbote, vlootwapens- en toerusting kyk gerus hierna.

Dagbreek: 6 Augustus 2014

Dr. Carl van Wyk van Netcare is hier om te verduidelik wat die regte behandeling vir sinus is.

Dagbreek: 4 Augustus 2014

Ongelukkig moes ons die afgelope tyd heelwat padwoede-voorvalle sien op YouTube en in die media. Ons gesels oor hierdie verskynsel met Dr. Giada Del Fabbro.

Dagbreek: 28 Julie 2014

Ons gesels met professor Fransjohan Pretorius oor die ontstaan van die Eerste Wêreldoorlog, Suid-Afrika se betrokkenheid, sowel as die rimpel-effek wat dié Groot Oorlog steeds op die hedendaagse wêreld het.

Dagbreek: 24 Julie 2014

Ons praat met die woordvoerder en ‘n lid van die AmaWheelaBoys, Jaco van Niekerk.

Dagbreek: 12 Julie 2014

Ons voer ‘n onderhoud met Celeste Naudé oor ‘n verslag wat deur die Universiteit van Stellenbosch bekendgemaak is om die balans in eetplanne terug te sit.

Dagbreek: 10 Julie 2014

Tony Leon gesels oor sy boek Opposite Mandela en hoe dit lig werp op huidige politieke ontwikkelinge.

Dagbreek: 7 Julie 2014

Priscilla Matthews is een van slegs drie gekwalifiseerde vroulike krieketskeidsregters van die Gautengse Krieketraad. Ons gesels vandag met haar hieroor sowel as haar betrokkenheid by die Winterhoop-veldtog.

Dagbreek: 2 Julie 2014

Ons praat in ons Diskoers-segment met Dawie Roodt en Prof. Derik Gelderblom oor die ekonomiese ongelykheid in ons land. Hoe verklein ’n mens die gaping tussen ryk en arm?

Bladsy 1 van 61 |

Dagbreek se Rozanne is 'n seuntjie ryker

Dagbreek-aanbieder Rozanne McKenzie het Vrydagoggend 18 April geboorte aan 'n gesonde babaseuntjie geskenk.
Lees Meer

Dagbreek Youtube insetsels

Kyk na al die hoogtepunte op Dagbreek op kykNET se Youtube kanaal. Hier's die skakels vir elke maand se insetsels.
Lees Meer

Dis wat die Dagbreek-aanbieders dink

Watter van die Dagbreek-aanbieders is oggendmense en wat was hul gunsteling oomblik op die program tot dusver? Ons het hulle elkeen van hulle 'n paar vrae gevra - die antwoorde was baie interessant...
Lees Meer

Dagbreek: 27 - 30 Mei 2013

As jy Dagbreek vandeesweek kyk, gaan jy gemotiveer word vir 'n beter lewe, ingelig word oor die nuutste landsake en boonop oefeninge leer doen wat net goed is vir jou hart!
Lees Meer

Luister Dagbreek waar ookal jy gaan!

As jy nie Dagbreek soggens op TV kan kyk nie, kan jy steeds daarna luister op jou selfoon of op jou rekenaar!
Lees Meer

Ná 20 jaar is Bettie Kemp terug op die kassie

Ná 20 jaar van onder meer radiowerk en die maak van dokumentêre, is Bettie terug op TV, dié keer as ’n aanbieder van kykNET se nuwe regstreekse oggendprogram, Dagbreek.
Lees Meer

Cruy jou kapsel!

Riaan Cruywagen is terug op die kassie! Hy het op 4 Februarie aangesluit by die Dagbreek-span as aanbieder. Klik hier om jou kapsel te Cruy.
Lees Meer

kykNET verwelkom vir Riaan Cruywagen!

Uiteindelik kan ons bekend maak - Riaan Cruywagen sluit vanaf 4 Februarie by die Dagbreek-span aan!
Lees Meer

Regsklinieke - kontakbesonderhede

Linette Retief het op Dagbreek vertel waar verbruikers kan gaan vir regshulp. Hier's die kontakbesonderhede.
Lees Meer

Leer ken die Dagbreek-span beter

kykNET se Dagbreek-span het geskiedenis gemaak deur die eerste ontbytspan te word wat die jongste nuus, weer en verkeer eksklusief in Afrikaans na jou bring. Vrouekeur het hulle beter leer ken.
Lees Meer

Bladsy 1 van 2 |

Regsklinieke - kontakbesonderhede

Linette Retief het op Dagbreek vertel waar verbruikers kan gaan vir regshulp. Hier's die kontakbesonderhede.
Lees Meer

Kontak Dagbreek

Indien jy 'n e-pos aan die Dagbreek-span wil stuur, kan jy gerus die volgende e-pos adres gebruik.
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

Geroosterde La Motte tuingroente met geposjeerde eier en kruie-emulsie

La Motte het hierdie week hulle geroosterde groente vir ons voorberei.
Lees Meer

Koejawelsuigstokkies

Lekker koejawelsuigstokkies vir die kinders
Lees Meer

Warm Kaapse Seekos sop

La Motte het hierdie week hulle Seekossop vir ons voorberei.
Lees Meer

Koejawel- en Amandeltert

Koejawels en amandels meng lekker vir 'n tert.
Lees Meer

Koejaweltert

Koejawelkaaskoek kan net lekker wees.
Lees Meer

Koejawel Krummel

Geniet Koejawel krummer so.
Lees Meer

Koffiekoekies

1-3 dag oue Croissants
Lees Meer

Huletts koeksisterkompetisie se wenresep

Koeksisterresep vir 18 dosyn medium koeksisters. Kan net lekker wees.
Lees Meer

Rysballetjies

Maak rysballe met oorskiet rys
Lees Meer

Rump Steak op ‘n stok

Marineer, braai en sit vleisblokkies op ‘n stokkie – geheim is om dit sag en sappig te hou – ek wys hoe
Lees Meer

Bladsy 1 van 28 |

Dagbreek op Youtube

Kyk na Dagbreek-insetsels op die kykNET Youtube kanaal!
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |

  • Nuusbrief


    bal

    Teken in op ons nuusbrief!

    Is jy gereed om die jongste nuus, hoogtepunte, video's en nog vele meer te ontvang? Voltooi asseblief die onderstaande vorm.

  • Luister na kykNET Musiek

    kyknet musiek
  • kykNET op Twitter

    kyknet musiek
  • Kontak kykNET

    kyknet musiek
  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds