Nuus
Bladsy 1 van 30 |

Transformasie en wenke: 3 Februarie 2012
Ilsa Labuschagne en Aromanda le Roux is beslis nie meer vaal na hul oormaaksessie nie! Hannon het hul ware skoonheid na vore gebring. Volg hierdie wenke en jy kan ook so mooi lyk.
Fritz en Sam haak af
Uiteindelik het die groot dag aangebreek - Prof. Fritz en Sam trou! Alhoewel daar heelwat drama was, het Sam uiteindelik langs Fritz voor die kansel gestaan en hul ewige liefde aan mekaar verklaar. Kyk na foto's van die groot dag.
Jukebox Speellys: 5 Februarie 2012
Gerhard Steyn, Nicholis Louw, Elizma Theron, Ray Dylan, Monique en Coenie de Villiers is sommige van die kunstenaars wie se liedjies op vandeesweek se speellys is.
Hoogtepunte in Februarie
Dit kook op kykNET in Februarie! Roer! is terug met 'n splinternuwe reeks en ons wys onlangse Afrikaanse flieks!
Anna-Mart die kok!
Anna-Mart van der Merwe het in Woensdag (1 Februarie) gewys dat sy ook 'n voorslagkok is! Jy kan die resepte van al haar geregte aflaai en uitdruk - dis baie eenvoudig...
As die lewe jou slaan, slaan terug!
Roderick Jafta, beter bekend aan Villa Rosa-kykers as Dr Anthony Jackson vertel van sy kleurryke agtergrond en van die verrassing wat op kykers wag.
Nico klink 'n glasie semi-soet
Nico Panagio, wie kykers sal onthou as Jacques De Bruyn in Vallei van Sluiers, is binnkort te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Semi-Soet. Hy gesels oor die fliek, wat sy hart vinniger laat klop en ouer word.
Egoli die fliek - vol verrassings en drama
Martjie Roos skryf dat Egoli die fliek nie net “nog ‘n episode” van die TV-reeks Egoli is nie. Die rolprent het heelwat nuwe verrassings, skokke en onthullings wat die tradisionele Egoli-kyker behoorlik gaan laat regop sit en naels kou!
Sakegesprek met Theo Vorster
Theo Vorster is terug as aanbieder van die program, Sakegesprek met Theo Vorster. Moenie dit mis - Woensdagaande om 21:00. Woensdag (1 Februaire) gesels Theo met Hubert Brody, uitvoerende hoof van die Imperial Groep.
As jy vir Tjiff en Tjaff wil uitnooi...
Jy kan nou jou verjaarsdag met Tjiff en Tjaff geniet! Vind hier uit hoe jy hulle kan uitnooi om die kleinspan se dag te maak.
Tussen die lyne
Afrigters Louis en Mac kyk terug na die proewe in Vrydag (3 Februarie) se episode en spreek hul bekommernis uit oor die gebrek aan kameraderie en spanwerk onder die manne.
Skerp!
Kom oefen julle lagspiere met Skerp, Suid Afrikaanse se skets en 'stand-up' geselsprogram! Melt Sieberhagen, Martelize Kolwer en Barry Hilton is die gaste.
Woema
Die Woema-span gaan jou elke Vrydag om 17:30 vermaak met 'n goeie mengsel van motorfiets leefstyltemas. Hulle hervat die groot ysterperd-toer deur Namibië in Vrydag (27 Januarie) se episode.
Is jou ritme in harmonie met jou hart?
"Ek wil in 2012 ‘n lewe leef wat saak maak!" So sê Lindie Strydom in haar eerste blog. Jou leefstyl ritme weerspieël jou identiteit, jou fokus en prioriteite...
Vat my Hand: inspirerende verhale
Op Vat my Hand op Sondagoggende sien kykers hoe wonderwerke voor hul oë afspeel, danksy die hulp van Good Morning Angels. Kyk na inspirerende video-insetsels in ons videogalery.
DKNT Gospel Top 10: 29 Januarie 2012
Om Jesus te ken deur Angus Buchan is nr. 1 op die DKNT Gospel Top 10 vir die week. So lyk die res van die lys...
DKNT Top 10: 28 Januarie 2012
Robbie Wessels is weer nr. 1 op die Top 10 met sy CD, Kaalvoet. Ons het drie splinternuwe CD's op die lys!
Onthou
Die tweede (splinternuwe) reeks van Onthou word Dinsdagaande om 20:00 uitgesaai. In Dinsdag (7 Februarie) se episode kyk ons na SA se eie Bonnie en Clyde, in die vorm van Charmaine Philips en Pieter Grundlingh.
Uitkamp is nie vir sissies!
In Dinsdag (31 Januarie) se episode is Gio, Tisha, Nicole en Terri besig om te kampeer. Maar die susters het nie 'n oog toegemaak nie! Dit gaan maar slegs met hul poging om uit te kamp...kykNET Fiestas nominasies bekendgestel
Nominasies vir die glansryke kykNET Fiestas is Maandag 16 Januarie 2012 aangekondig. Kyk wie is genomineer.
Roer is terug!
Roer! is weer terug met splinternuwe episodes vanaf Woensdag 25 Januarie! Kyk hier wie is die eerste gas...Bladsy 1 van 30 |





