3 Nov 2016

#kykNETKersvader: Raai reg en wen!

Daar’s groot nuus! Ons verleng Kersfees om nóg 100 kykers die kans te gee om ’n maand se gratis DStv te wen. Desember se wenners sal binnekort aangekondig word, maar as jy uitgemis het of sommer weer wil inskryf, lees dan verder.

DIE KOMPETISIE WAT VAN NOVEMBER TOT EINDE DESEMBER GESTREK HET, HET REEDS GESLUIT. DIE TREKKING SAL OP 23 JANUARIE 2017 PLAASVIND EN DIE WENNERS SAL OP KYKNET.TV AANGEKONDIG WORD. DIÉ WENNERS SAL NIE WEER IN AANMERKING KOM OM IN JANUARIE TE WEN NIE.

Meer oor die kompetisie:

Agt gewilde kykNET-persoonlikhede en -karakters skryf ’n brief aan die #kykNETKersvader om hom te laat weet wat hulle graag vir Kersfees wil hê. As jy enige een van hulle regraai, kan jy in aanmerking kom om ’n maand se gratis DStv-intekening te wen.

Die #kykNETKersvader is hier om jou lewe ’n tikkie makliker te maak.

Kyk hier watter bekende persoonlikheid is kykNET se Kersvader:

Kyk die video’s van die persoonlikhede/karakters, vul die inskrywingsvorm(s) onder die video(s) van jou keuse in (jy kry ’n inskrywing in die kompetisie vir elke kykNET-persoonlikheid en/of -karakter wat jy korrek raai) en lees ook die bepalings en voorwaardes hier onder:

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 1

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 2

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 3

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 4

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 5

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 6

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 7

Skryf in:

Fill out my online form.

#kykNETKersvader: Persoonlikheid 8

Skryf in:

Fill out my online form.

Reëls en bepalings en voorwaardes

Inskrywingstydperk: 

Die kompetisie begin 3 November 2016 om 12:00 VM en eindig 31 Desember 2016 om 12:00 VM.

Januarie se kompetisie begin 1 Januarie 2017 en eindig 31 Januarie 2017 om 12:00 VM.

Inskrywingsmetode:

Om ’n kans te staan om te wen, hou kykNET dop in November, Desember (inskrywings vir November en Desember het reeds gesluit) en Januarie en wees op die uitkyk vir ons geheime Kersfees-karakters. Agt gewilde kykNET-persoonlikhede en -karakters skryf ’n brief aan die #kykNETKersvader om hom te laat weet wat hulle graag vir Kersfees wil hê. As jy kan raai wie die briefskrywer is, gaan na kykNET.tv en laat ons weet. Jy kry ’n inskrywing in die kompetisie vir elke kykNET-persoonlikheid en/of -karakter wat jy korrek raai.

Prys:

100 DStv Premium-intekenare kan een maand se intekening ter waarde van R759.00, insluitende die toegangsfooi vir een smartcard ter waarde van R85.00, wen.

Wie kwalifiseer:

– Slegs aktiewe DStv Premium-intekenare mag inskryf vir die kompetisie.
– Iemand mag slegs namens ’n intekenaar inskryf as die intekenaar toestemming gegee het en die intekenaar skriftelike toestemming gegee het.
– Jy moet ’n DStv Premium-intekenaar wees vir die volle tydsduur van die kompetisie (3 November 2016 tot 31 Desember 2016 vir kykers wat in dié tydperk ingeskryf het en 1 Januarie 2017 tot 31 Januarie 2017 vir kykers wat hierdie maand inskryf) EN ook wanneer die trekking plaasvind op 23 Januarie 2017 (vir kykers wat in November en Desember ingeskryf het) en ná 31 Januarie 2017 (vir kykers wat in Januarie inskryf).
– Inskrywers jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.

Ander reëls:

– Versekering vir dekordeerder is uitgesluit van die prys.
– Die wenners sal op kykNET se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

Bepalings en voorwaardes vir deelname:

Klik hier vir die volledige lys van bepalings en voorwaardes.

Opmerkings

ID:467940