29 Jul 2015

Wees deel van #MyMusiek

#MyMusiek gee jou die kans om jou top-agt Afrikaanse musiekvideo’s te kies en met kykers te deel op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146). Jou agt keuses sal Dinsdae om 20:00 uitgesaai word, saam met jou naam, profielfoto asook die dorp/stad waar jy woon.

Fill out my online form.

Bepalings en voorwaardes

– Jy moet gemagtig wees om hierdie inligting aan kykNET te verskaf.
– Jy moet daartoe instem dat hierdie inligting op al kykNET se platforms mag gebruik word, insluitend, maar nie beperk tot, televisie en die internet.
– Electronic Media Network Ltd. sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, fisies of geestelik, wat deur die gebruik van die inligting veroorsaak mag word nie.
– Indien kykNET nie die musiekvideo het nie, sal die kyker gekontak word om die keuse te vervang met ’n liedjie van dieselfde kunstenaar en/of genre.
– ’n Uitsaaidatum sal gekommunikeer word, maar die kanaal mag dit in eie diskresie verander.

Opmerkings

ID:160347