14 Aug 2014

Riglyne vir musiekvideo’s op kykNET en kykNET NOU!

Wil jy hê jou musiekvideo moet op kykNET NOU! uigesaai word? Maak dan seker dat dit aan die volgende riglyne voldoen.

Aangeheg is die dokumentasie wat benodig word om jou musiekvideo op die Afrikaanse kanale te sien. Dit sluit in die volledige dokumentasie met alle nodige inligting, die MVC-sheet sowel as die kontrak wat deur elke video wat gelewer is vergesel moet word.

Neem kennis dat ons geen video kan uitsaai alvorens ons nie die voltooide MVC-sheet en getekende kontrak ontvang het nie. Die MVC-sheet moet ook digitaal gelewer word saam met die video.

Let op dat die kontrak nie deur lede van RISA geteken en aangestuur moet word nie, maar dat die MVC-sheet wel ingevul moet word deur een van hulle. 

BAIE BELANGRIK:
Wanneer jy ’n video lewer vir oorweging moet jy ’n duidelike aanduiding gee of die spesifieke video op die kykNET NOU! Internasionale kanaal geskeduleer mag word al dan nie.

Jy mag ook gerus YouTube links stuur vir die paneel om na te kyk tydens keuringsessies. Indien enige video goedgekeur word moet jy egter sorg dat dit in die korrekte formaat volgens die regte spesifikasies gelewer word. Dit moet ook vergesel word deur die relevante dokumentasie wat volledig ingevul is.

Klik hier om alle nodige dokumentasie af te laai.

Stuur die pakkie met volledige dokumentasie en musiekvideo aan:

martin.oberholzer@mnet.co.za

of

Martin Oberholzer
256 Oak Avenue
RANDBURG

NB: Alle musiekvideo’s moet duidelik gemerk word met ’n kontakpersoon- en nommer. Musiekvideo’s met geen kontakbesonderhede sal nie aanvaar word nie.

Vir verdere navrae, stuur ’n epos aan Martin Oberholzer by martin.oberholzer@mnet.co.za

Opmerkings

ID:3408