Wie is vanjaar se tien Boere?



kykNET het die tien boere vir Boer Soek 'n Vrou 2014 bekendgestel.  As jy dus opsoek is na 'n boer so na aan jou hart, kyk na die onderstaande video's waar die boere hulself bekendstel, maak jou besluit en skryf vir jou gunsteling boer.

Jy mag dalk net die liefde van jou lewe ontmoet!

Die kompetisie is nou gesluit.

Boer Johan

Johan is 'n vee-boer wat homself as spontaan en prettig beskryf.



Boer Henri

Ontmoet Henri, 'n saai boor wat altyd 'n bok vir sports is.



Boer Gerrie

Gerrie is opsoek na iemand wat spontaan en opreg is. Hy is rugby mal en skree vir die Cheetah's!



Boer Lize

Lize is 'n beesboer. Sy hou van die natuur en 'n goeie boek.



Boer Henning

Henning boer met krokodille. Hy is mal oor adrenalien-sport en die buitelewe.



Boer Chris

Chris is 'n boer en plaasbestuurder wat van visvang, kamp en die buitelewe hou.



Boer Martiens

Martiens boer met beeste en hou van die natuur, perdry en stap.



Boer Kevin

Kevin boer op sy familieplaas en het 'n goeie sin van humour.



Boer Alec

Alec is 'n wild en bees-boer wat mal is oor braai en golf speel.



Boer Albert

Albert is 'n aktiewe wild en bees boer wat ook hou van visvang en jag.