Oupa en Ouma sit op die stoep: 10 Desember 2012



Stanley vertel vir Debora dat hy uit die bloute sy tweeling ontmoet het; iemand wat presies soos hy is. Seuna is vreesklik ontsteld. Hy verduidelik vir Stanley hoe hy sy beste vriend verloor het. Stanley nooi sy nuwe geesgenoot, Thys, vir ‘n braai. Hy stel vir Thys aan Debora voor en sy is heeltemal in vervoering. Dominee vra vir Stanley raad oor aftree en Thys maak die grootste fout wat ‘n man kan maak…