Die medium-grootte hond met die maksimum stem



Hierdie week leer ons die medium grootte jaghond met die maksimum grootte stem ken – die Beagle.  Hierdie honde is op die top10 gewildste honderasse in ons land, en maak uitstekende huishonde indien sy behoeftes in aanmerking geneem word.  Hulle het van die beste neuse in die honderyk en word gereeld gebruik vir snuffelwerk.

Daar is ‘n paar jaar gelede begin om gewone huishonde met goeie maniere te erken deur ‘n “canine good citizen” sertifikasie.  Dit beteken dat jy jou hond enige plek kan neem en hy sal homself goed gedra.  Daar word klasse aangebied hierin, waar honde blootgestel word aan allerhande vreemde situasies om hulle reaksie te toets.  En as jou hond hierdie toets slaag, sal hy tien teen een ‘n uitstekende terapie hond maak.

Laas week het ons die top10 geregistreerde honderasse afgetel en hierdie week is dit die katte se beurt.  Kan jy raai watter katras heel bo-aan die gewildheidsleer is? En watter ander rasse deel uitmaak van die gewildes?

Ons leer ook die heel grootste van die honderasse ken – die Ierse Wolfhond.  Hierdie is nie die swaarste honde nie, maar staan (as ras in die geheel) die hoogste.  Hierdie honde kan werklik beskryf word as “gentle giants” en daardie sagte sielvolle ogies behoort jou hart ook te steel!

Kyk na foto's van die episode.