Nataniël maak kos op kykNET!



Glanspersoonlikhede hou nogal daarvan om kos te maak. Weinig onder hulle kan egter kosmaak by hulle glansredes insluit. Nataniël is die uitsondering. Dramaturg, Skrywer, Satiris, Komponis, Sanger, Skoonheidskundige, Digter en Kok wat "KOOK"!

Nataniël, in samewerking met Checkers stel in September sy aan tafel deftige tuis ete-reeks Die Nataniël Tafel bekend en die tuis sjef (kok) uiteraard. Nataniël sal kykers vermaak met sy ingebore vonkel en sprankel. Die Nataniël Tafel tuis-kosmaak-reeks beloof om Kyknet-kykers met watertand disse, knoesige interieur en skerpsinnige humor te bekoor. En, die alomvattende spyskaart ontwerp en opgevoer deur Nataniël, 'n enig van sy soort in die wereld.

Nataniël gaan sy besonderse gaste en vriende in 'n omvangryke kos-en-keur reis betrek. As mede pelgrims gaan hulle begelei, vermaak en bedien word met elegante en heerlike geregte.

Die Nataniël Tafel episodes gaan kort maar kragtige spore sny na 'n beloofde land van hoogstaande geregte, nommerpas wyne, voortreflike decor en die ongeewenaarde Nataniël teenwoordigheid!

Die Nataniël Tafel word vanaf 20 September 2012 uitgesaai op kykNET elke Donderdag aand om 19:30.

Besoek die kykNET webblad vir Die Nataniël Tafel.

Besoek die amptelike webwerf.