Hoe om glansryke oë wat aandag gaan trek te skep en hoe om vals wimpers perfek aan te wend. • Vir die oogskadu gebruik die Duo Shadow for Blue Eyes
• Verf die ligte skakering oor die hele boonste ooglid - vanaf die wimpers tot by die wenkbroue.
• Wend dan die donker skakering oor die hele boonste ooglid tot by die waai van die oog.
• ‘n Dun lyntjie van dieselfde donker kleur, onder die onderste oog, versag jou oë.
• Die enigste kleur oogpotlood wat jy met blou oogskadu moet kombineer is verkieslik swart. Vir meer impak kan jy jou oë bo, onder en aan die binnekant daarmee omlyn.
• ‘n Laag Swart HANNON Super Lash Mascara aan jou boonste en onderste wimpers laat onmiddellik jou oë oop lyk
• Druk die vals wimpers met ‘n oorstokkie vas. Om die gom te kamoefleer - trek ‘n soliede lyn op die boonste ooglede met die HANNON Semi Permanent Liquid Eyeliner.
• Om jou eksotiese rooitapyt voorkoms verder te versterk het jy blosser nodig. Vermy egter blosser wat te pienk of te rooi is. Die HANNON Sun Kiss Blusher is altyd perfek.
• Met sulke dramatiese oë, moet jy jou mondkleur lig hou. ‘n Lipglans is genoeg.
• Vir finale afronding, seel jou grimering met die HANNON Moisture Seal.
Haarstileringswenk
ʼn Groot fout wat baie krulkoppe maak, is om hulle hare natuurlik te laat winddroog word. Dis die vinnigste wat jou hare gaan frizz. As jy die natuurlike krul wil beklemtoon met defnitiewe lokke, moet jy ʼn stileerproduk gebruik wat elke krul bymekaar hou.
• Die HANNON Liquid Crystal Styling Gel bevat krulboosters en hou die hare, in die lok of spiraal, bymekaar. Daarom sal dit nie frizz nie. Vir die gel om goed te werk, moet dit op papnat hare gebruik word.
• ʼn Teelepel-grootte Liquid Gel is gewoonlik genoeg.
• Langer hare het meer gel nodig, gebruik omtrent drie teelepels vir lang hare.
• Kam dit deur om die gel tot op die haarpunte te versprei.
• Druk dan die krul met jou hande terug.
• Gebruik altyd ʼn windbreker of diffuser vooraan jou haardroër om die hitte egalig te versprei.
• Noudat jou hare droog is, moet die krulle geseel word om ‘n pragtige glans te verseker.
• Spuit die HANNON Style Freeze Firm Hold Hairspray aan om jou krulle perfek te hou.






