In hierdie week se episode kyk ons na ‘n ras wat nie wyd bekend is nie – die boerwindhond. Hierdie honde is ‘n variasie op die gewone resies windhond en word deur die boere op plase gebruik om ongediertes onder beheer te hou. Maar hulle is nie net uitstekende jagters nie, hulle is nog steeds bitter vinnig! Dit was groot “sports” om hulle afgeneem te kry, want nie een van die kameramanne kon by hierdie spoedvrate bybly nie.Ons maak ook ‘n draai by Onderstepoort om meer uit te vind oor die diereverpleging beroep. Ons wou weet watter kwalifikasies mens nodig het om dit te studeer en ook hoe die keuringsproses werk. En dan – natuurlik – watter beroepvooruitsigte daar na jou studies is.
Ons leer een van die gewildste katrasse ken – die Abessiniese kat. Hierdie outjies lyk redelik wild, maar is dierbaar en liefdevol. Hulle het egter hope energie en is bekend as bobaas jagters. Wie weet? Miskien is hierdie die ideale kat vir jou huis.
En dan tel ons die top 10 geregistreerde honderasse in Suid-Afrika af. Toets jouself bietjie voor die tyd om te kyk hoe akkuraat jy hierdie 10 kan raai. En as jy 7 uit 10 kry, is jy GOED!
Kyk na foto's van die episode.






