Amanda se wenke: 14 September 2012



Vinnige glansvoorkoms wat jou nie langer as ‘n minuut gaan neem nie.



Een-minuut grimering het net vyf stappe. En dis ideaal vir vroue wat haastig is. Of vir dié wat nie so vaardig met grimering is nie. Stap een is die onderlaag.

• Die twee-in-een poeieronderlaag is perfek vir ’n vel wat vinnig rooi word. Dit neutraliseer al die rooiheid en laat jou vel porseleinglad.
• Stap twee is die HANNON Sun Kiss Duo Blusher. Ek gebruik die donker kleur ook as oogskadu.
• Meng die twee kleure van dieselfde blosser en tik dit aan jou wange.
• Vroue wat geneig is tot rooi gloede hou nie eintlik van ‘n blosser nie. Maar die regte blosser sal net vir ‘n sonbruin voorkoms sorg.
• Oë lyk nooit afgerond sonder mascara nie. ‘n Swart mascara is altyd beter. Daarby is die lateks-formule Hannon se skoonheidsgeheim. Dis water- en smeerbestand, en omdat lateks van rubbermelk gemaak word, is dit kompleet asof jy kunswimpers aanverf.
• Vir bietjie kleur, en om jou gesig mooi af te rond, wend gerus ‘n llipglans aan.
• Natuurlik moet die een-minuut grimeervoorkoms die hele aand hou. Daarom spuit jy so 3 spuite HANNON Moisture Seal, grimeerseëllaar oor jou hele gesig.

Haarstileringswenk


Hoe om jou woeste krul hare, sag en beheerd te kry. Jou belangrikste stileeraparate is ‘n sterk haardroër met ‘n aanklipneus en ‘n groot ronde borsel. Maar ons leef ook in moderne tye – so, het jy al gehoor van ’n krulversagter?


Die Hannon Blow Straight Lotion het ‘n waksbasis wat van die Henna-plant kom.
• Drup ‘n paar druppels in jou hande.
• Masseer dit deur die hare en sien hoe jou hare letterlik glad kam. Die helfde van die werk is klaar gedoen.
• Vir krulhare moet jy altyd weg van die kopvel blaas om te verseker dat jy saam met die groei van die haar droogblaas.
• Die aanklipneus vooraan die haardroër forseer die kutikula-skubbe van krulhare plat vir ‘n gladder, meer syagtige voorkoms.

As jou krulhare glad en reguit geblaas is, sit jy met dieselfde probleem as iemand met natuurlike reguit hare. Dit val plat. En om jou gesig te balanseer het jy altyd ‘n bietjie hoogte bo-op jou kop nodig. Dis maklik as jy die regte haarsproei gebruik. Vir diegene wat vinnig warm kry en sweet, probeer gerus die HANNON Style Lock Hair Spray. Spuit net en lig, spuit en lig – maklik!