Ontmoet die kat met die wildste hare



In hierdie week se episode leer ons 2 honderasse en 1 katras weer beter ken.

Die Whippet is ‘n vinnige medium grootte hond, en dis dalk net die windhond en Saluki wat hom sal kan weghardloop. Hierdie honde is fyntjies, maar terselfdertyd top atleet.

Dan kuier ons by die Corgi’s – wyd bekend as die honderas wat deur die koningin van Engeland besit word. Hierdie honde is baie tawwer as wat mens dalk sou dink en – glo dit of nie – hulle is eintlik bedoel om met vee te werk.

Ons maak ook ‘n draai by Onderstepoort en vind uit van die alewige behoefte wat veearte het aan bloed. Dit word veral gedurende operasies gebruik, nes by mense. As jou hond gekeur word, kan hy ‘n gereelde bloedskenker word en sodoende help om ander hondelewens te red.

Dan leer ons ook wat mens als nodig het om ‘n goeie bad en skoonmaak sessie by jou huis te kan hê. Ons leer wat die beste manier is om te bad, en waar om als skoon te maak en te knip. Ons kyk ook na ‘n paar “grooming” produkte wat op die mark beskikbaar is.

En laastens leer ken ons die kat met die wildste hare van almal – die Selkirk Rex. Hierdie kat het als van krulle tot rolletjies, en onder dit alles skuil ‘n heerlike persoonlikheid ook. Maar die Selkirk is nie regtig bekend nie en – glo my – as jy eers hierdie haredos gesien het, sal jy ook een wil hê!

Kyk na foto's van die episode.