Elshe se wenke: 7 September 2012



Grimering

• ‘n Mens se gesig het drie fokuspunte: jou oë, wangbene en mond. Die geheim is om nooit meer as twee van die fokuspunte op een slag te beklemtoon nie.
• Met ‘n onderlaag en ‘n blosser aan, kan jy makliker jou fokuspunt bepaal, want jy het dan ‘n skoon pallet.
• As jy nie opmerklike vol lippe het nie, maar wel sprankelende oë, maak gerus jou oë die fokus punt met die HANNON Brown Duo Eyeshadow
• Die bruin palet het ‘n effense pers skynsel wat enige oogkleur uitbring.
• Sit die ligte skakering oor die hele boonste ooglid, vanaf die wimpers tot onder die wenkbrou.
• Speel gerus lekker met die donker skakering; swaarder vir die aand en ligter vir die dag
• Wend eers die donker kleur in die waai van die oog, en dan ook op die boonste ooglid.
• Verbind nou dié twee lyne in ‘n driehoek vorm aan die buitehoeke van die oë
• ‘n Dun lyntjie onder die oog versag ‘n mens se oë
• ‘n Laag swart HANNON Super Lash Mascara aan die boonste en onderste wimpers laat jou oë onmiddelik oper lyk.
• Swart oogomlyner is nog ‘n tydlose item. Gebruik altyd ‘n gel oogpotood. Dis heerlik sag om aan te wend en geskik vir sensitiewe oë.
• As jou oë mooi groot is, kan jy dit bo en onder omlyn
• Vir ‘n meer dramatiese voorkoms vir die aand, omlyn dit ook aan die binnekant van die ooglid. Ja, dit sal jou oë bietjie kleiner laat lyk, maar die dramatiese effek maak daarvoor op
• Met so ‘n sterk fokus op die oë, moet jy jou mondkleur lig hou. Maar ligte lippe hoef nie te verdwyn nie. Gebruik net n HANNON Lip Plumping Lip gloss wat jou lippe onmiddelik laat uitswel vir ‘n voller effek

Hare

• Hannon weet dat almal met natuurlike fyn reguit hare het een gesamentlike noodkreet: ‘Volume! Asseblief!’ En met ‘n paar hulpmiddels is volume makliker as wat jy dink.
• Vir maklike volume en beweging in sulke reguit hare het jy meer as een stileerproduk nodig. Jy kort ‘n produk soos die MORE HAIR VOLUMISING MIST om die hare eers dikker te maak, en dan tweedens ‘n krulbooster wat sal help om bietjie krul in hierdie reguit hare te aktiveer.
• Spuit so 10 spuite van die HANNON More Hair Volumising Mist op nek-lengte hare.
• Voeg dan ‘n teelepel-grootte van die HANNON Liquid Crystal gel wat soos ‘n krul-booster werk, by.
• Volume begin by die kopvel, so masseer albei die produkte deeglik in die kopvel en kam dit deur na die punte.
• Vir maksimum volume, maak eers die hare net met jou vingers en met ‘n haardroër droog.
• Trek die hare effens weg van die haarwortels sodat dit kan wegstaan van die kopvel. Hou hiermee aan tot die hare amper droog is en tot drie keer sy normale dikte geswel het.
• Vir verdere krul en beweging, gebruik ‘n ronde borsel
• Om die kuif te blaas, kam eers al die hare vorentoe, rol die borsel in, en voeg die hitte van die haardroër by
• Hoogte op die kop gee enige haarstyl meer glamour en laat jou gesig skraler vertoon. Daarom rol jy die hare bo, na agter om met die ronde borsel. Voeg hitte by. En onmiddellik vorm daar ‘n krul.
• Krul die hare agter en langs die kante op die selfde manier
• Trek die styl mooi in plek
• Oral waar jy wil hê die hare moet opstaan of uitwip, spuit eenvoudig die HANNON Style Freeze Firm Hold Hair Spray aan. Hierdie is ‘n haarsproei en stileerproduk in een. Spuit en buig, spuit en buig. Maklik!