Met die sukses van die Suid-Afrikaanse swemmers by die Olimpiese en Paralimpiese Spele nog vars in ons geheue, is dit gepas om besoek by die destydse swemsensasie Karen Muir af te lê. Karen het 1965 as 12-jarige dogter die 100m (toe was dit nog die 110 tree genoem) rugslag wêreldrekord van 1 minuut 8,7 sekondes opgestel. Behalwe vir dié rekord is sy steeds die jongste atleet wat in énige sportsoort so ‘n prestasie kon behaal. Karen woon deesdae in Kanada, maar Claude het haar opgespoor waar sy by haar dogters in Kaapstad kuier.