Die sewende solo-album van die digter-rocker Jan Blohm word beskryf as ‘n harde, donker rock-allegaartjie wat soos ‘n aardbewing beloof om die fondamente van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te skud. Dié album se titel is nie verniet Ruby nie, want dit bevat glo al die kwaliteite van die koninklike edelgesteente: dis hard, donker, gevaarlik en verleidelik.
Suzaan het by hom gaan kuier by sy huis in Pretoria.