Wolwedans in die skemer



WOLWEDANS IN DIE SKEMER

(Riller-drama)
(Wêreldpremière)
VERVAARDIGER: Danie Bester
REGISSEUR: Jozua Malherbe
DRAAIBOEKSKRYWER: Leon van Nierop
KINEMATOGRAAF: Tom Marais
REDIGEERDERS: C.A. van Aswegen en Quinn Lubbe



Sonja Daneel verloor haar geheue in ’n karongeluk naby die luukse Hotel Njala in Hazyview. Met haar aankoms by die hotel raak sy betrokke by ’n familie wie se lewens beheer word deur die spokerige, vreemde hotel. Sy ontdek spoedig dat daar talle geheime is en dat die familie ’n obsessie met die verlede het. Sonja ontmoet die enigmatiese Jan Joubert, man van die eienares van die hotel, Diana Joubert. Sy is veral gefassineer deur sy twee dogters, Adéle en Maggie, wat ’n heilige vrees vir hul pa se woede en obsessies het.



Sonja raak gou verlief op die sjarmante Ryno Lategan, ’n toergids wat met haar vriende maak en haar belowe om haar te help om haar geheue te herwin. Wanneer ’n wrede bylmoordenaar Sonja begin treiter, besef sy dat sy iewers uit haar verlede ’n vreemde verbintenis met die hotel het en dat dit haar
haar lewe kan kos. Die eienaardige luitenant Conrad Nolte en sy assistent, sersant Berta van Schalkwyk, moet die moorde by Hotel Njala ondersoek en maak skrikwekkende ontdekkings, wat selfs twee geharde ondersoekbeamptes skok.

The Bay Hotel, Rotunda – 4 Sept. – 20:00.