Grimering• Die HANNON Full Cover Liquid Foundation is terselfde tyd ook jou vogroom. Nes ‘n vogroom, wend die onderlaag met jou vingers aan.
• Vir meer focus op jou oë, gee prominente definisie aan jou wenkbroue met die HANNON Taupe Gel Eyebrow Pencil, wat perfek ontwikkel volgens jou velkleur
• Sorg altyd dat jy ‘n gel- grimeerpotlood aankoop, want dit is ideaal vir sensitiewe gebruikers.
• Vir verdere oogdefinisie gebruik die HANNON Brown Gel Eye Pencil. Dis sag en gly aan sonder om te krap en jy hoef nie te hard te druk nie.
• Vir oë wat groter vertoon omlyn die binnekant van jou oë met die HANNON White Gel Eye Pencil.
• Die HANNON SUPER LASH MASCARA het ‘n latex-formule wat sensitiewe oë die heeldag kristalhelder,gedefinieerd hou.
• Koop gerus vir jou ‘n gel lippotlood in plaas van lipstiffie wat dikwels die oorsaak van seer en droë lippe kan wees.
• Omlyn die natuurlike lipvorm en kleur dit dan heeltemal in
• Die Sun Kissed Blusher sit kleur in ‘n mens se gesig en skep wangbene.
• Wend die donker kleur van hierdie Duo blosser in die waai van jou oë. Dit skep kontras met die blou van mense met blou oë en laat dit blouer en helderder lyk.
• Vir wangbeendefinisie, meng die twee kleure so in sirkelbewegings en wend dit net onder die wangbene, aan. Wat ‘n verskil!
Hare
Met hierdie variasie van ‘n bob, kan jy jou hare laat droogword in jou natuurlike krul of jy kan dit maklik reguit droogblaas. Maar hier is nou ‘n manier om dit in golwe te dra.
• Haarstyle met sagte golwe word eers reguit geblaas en glad droog. Om die gladblaasproses makliker te maak, gebruik ‘n krulversagter.
• Vryf ‘n druppel van die HANNON Blow Straight Lotion krulversagter deur jou krulhare en kam dit deur om die krul te versag. Jy behoort dan maklik die krulbolle glad en reguit uit te blaas.
• Begin die golwe en lokke insit waar, en hoeveel jy wil met ‘n elektriese krultang
• Onthou dat die krultang baie warm word, dus, spuit aan n hittebeskermer op die hare voor jy begin
• Die Straightening Iron Protection Shield sal die hare tot 240° Celsius beskerm.
• So twee tot drie spuite is genoeg vir korter hare.
• Verdeel die hare in segmente. Begin agter en neem ‘n klein segment hare, draai dit om die warm krultang, hou dit vir ‘n paar sekondes en verwyder.
• Met die regte produkte is dit ‘n maklike manier om ‘n meer romantiewe gevoel te skep, al is jou hare van nature krullerig of penreguit. Probeer dit gerus self tuis.






