GrimeringVolgens Hannon, begin jou dag sommer goed as jou spieël soggens vir jou sê jy is pragtig.
• ‘n Uittrek-handsakborseltjie is sowaar 'n saamdra-towerstaf. Wend soggens voor werk genoeg blosser aan jou handsak-blosserborsel. Trek die kwassie terug, sit die dekseltjie op en bêre tot jy dit nodig het vir ‘n vinnige voelgoed opvars by die werk.
• Vir ‘n vinnige opkikkering, wend die blosser in sirkelbewegings aan jou wangbene, oor jou ooglede en sommer ook aan die punt van jou neus en ken.
• Vir vinnige kleur op jou oë is niks so vrolik soos ‘n supersagte gel-oogpotlood in ‘n pers of eiervrug-kleur nie. En dit pas alle kleure oë- ja joune ook.
• Trek ‘n lyn op jou boonste ooglid.
• Neem jou vinger en vryf so bietjie oor die lyntjie. Kyk net hoe mooi en maklik.
• Jy kan jou oë ook onder en aan die binnekant omlyn as jy wil.
• Elke vrou ken die waardie van hierdie towerstaffie - ‘n laag swart HANNON Super Lash Mascara sal die moegste oë weer met ‘n nuwe vuur laat brand.
• Niks versier ‘n vrou se glimlag mooier as die HANNON Plumping Lip Gloss nie, wat glans gee en terselfdertyd jou lippe bietjie laat uitplomp.
• Jy mag dalk nog veels te jonk vir ‘n facelift. Maar somtyds voel mens alles begin sak en hang. Spuit so drie sproeie van die HANNON MOISTURE SEAL oor jou gesig. Dit maak al die verskil om jou so bietjie te lig
Hare
• As jou hare van nature penreguit is, is die kanse goed dat dit etlike minute nadat jy dit gestileer het weer gaan plat val. Jy kan hierdie probleem oorkom deur net die regte sjampoe en opknapper vir jou haartipe aan te koop.
• Volume begin onder die kopvel. Die HANNON More Hair Volumising Shampoo penetreer deur die kopvel en trek die spiertjies saam. Dit laat die individuele hare regop staan en sorg vir volume soos jy nog nooit gesien het nie.
• Baie opknappers maak jou hare te sag. Dis hoekom mense met reguit hare dit soms vermy. Die HANNON More Hair Volumsing Conditioner sal nie jou hare pap maak nie. Dit beskerm ook nuwe haarkleur en sorg vir selfs nog meer volume en glans.
• Gewoonlik neem ‘n mens aan dat jy jou hare moet laat sny vir volume, maar hier is n maklike manier om volume te kry wat selfs in langer hare gaan hou
• Masseer ‘n teelepel van die HANNON Liquid Crystal Gel in jou papnat hare, tot op die kopvel
• Kam dit dan deur vir eweredige verspreiding.
• Los vir eers die borsel en maak jou hare met jou vingers en die haardroër droog tot dit so 80% droog is.
• Waar jy baie volume wil hê moet jy die hare se effens van die kopvel wegtrek.
• Kyk nou hoe lekker vol volume staan jou hare nou
• Die hare naby die kopvel is nou heeltemal droog, terwyl die punte nog effens klam is.
• En eers nou gebruik jy ‘n ronde borsel.
• Rol ‘n segment hare om die borsel.
• Voeg hitte by.
• Laat die borsel ‘n paar sekondes afkoel en haal dan die uit – kyk jy het nou ‘n effense krul.
• Nou, om daardie gaatjie wat so op jou agterkop oopval, toe te hou, gebruik die koekekam en die HANNON Style Freeze Firm Hold Hairspray. Dié haarsproei is so te sê orkaanbestand.
• Haal ‘n sirkeltjie hare oor die gaatjiegedeelte uit. Gryp nou hierdie klossie hare oor die gaatjie ferm vas.
• Vat nou jou koekkekam en gee so 3 teaze: 1-2-en-3.
• Hierdie tegniek is pluiskam. Spuit so ‘n paar sproeie van my haarsproei en hare wat oopval is iets van die verlede en die gaatjie is nou mooi toe.
• Met die regte produkte is volume wat die heeldag hou, ook vir langer hare moontlik






