Dawid Minnaar vertolk die rol van Eugène Marais in die nuwe Katinka Heyns-fliek Die Wonderwerker. Die prent is gegrond op die tydperk toe Marais ernstig siek aan malaria was en oppad na Nylstroom op die plaas Rietfontein aangedoen om water te vra. Hier ontvou die verhaal terwyl hy versorg word deur Gys (Marius Weyers) en Maria van Rooyen (Elize Cawood). Chris Barnard het die draaiboek geskryf en die rolprent word op Vrydag 7 September uitgereik. Dawid kom vertel Coenie van die ervaring om dié legende op die grootskerm uit te beeld.