Woef & Kie: 31 Augustus 2012 foto’s
Die episode het vyf baie uiteenlopende insetsels. Ons kyk na sportsoorte wat net vir die Pitbull bedoel is en ontmoet die Shetland herdershond – ‘n mini weergawe van die langhaar Kolliehond. Ons klop aan by Dr Hans van der Zee vir mediese inligting oor heupdisplasie, bekyk die krullerige Devon Rex kat en maak ‘n draai in die Switserse Alpe - by die klooster waar die St Bernard hond ontstaan het.
Lees meer oor die episode.














