Ons spoor ‘n skaars honderas op



Die Shetland skaaphond lyk behoorlik soos ‘n kleiner weergawe van die langhaar kolliehond, maar hierdie klein Shelties (soos hulle ook bekend is) is ‘n ras in eie reg. Hulle is slim, baie opleibaar en het die mooiste sagste ogies denkbaar. Enigste probleem is dat hulle so skaars soos hoendertande is hier by ons!

Nog ‘n imposante hond is die enorme Saint Bernard. Meeste mense dink aan hulle as die honde in die sneeu met die vaatjie brandewyn om die nek. Ons kuier by Kevin Young, ‘n kenner en liefhebber van hierdie ras. Kevin is SO lief vir sy St Bernards, dat hy 2 maande by die monnike gaan bly het in die Switserse Alpe waar hierdie ras hulle ontstaan gehad het.

Dan iets heeltemal anders : ons gaan maak ‘n draai by ‘n Pitbull skou en kyk wat hierdie ouens als gebruik om hulle honde te “skou”. Die Pitbull is nie ‘n ras wat deur KUSA erken word nie, maar dit keer nie entoesiaste om op hulle eie unieke manier “sports” te hê nie.

Dan gesels ons ook met kenner Dr Hans van der Zee oor die baie aktuele kwessie van heupdisplasie. Hy verduidelik wat hierdie toestand behels en verduidelik ook watter opsies beskikbaar is vir honde wat hiermee gediagnoseer is.

Kyk na foto's van die episode.

Lees meer oor die episode.