Jana se wenke: 24 Augustus 2012



Grimeerwenke

Met die regte grimering kan jy nou voltyds jou fantasie uitleef. Dis nie aldag dat ‘n finansiële bestuurder moet leer om ‘n grimeervoorkoms te doen wat ook by kinderpartytjies gaan pas nie. Dié ooggrimering is prettig genoeg vir kinderpartytjies, maar ook sterk genoeg om by die werk ernstig opgeneem te word

• Die HANNON Full Cover Liquid Foundation voel en lyk soos n tweede vel. Om te sorg dat dit perfek met die kleur van jou nek inskakel, versprei dit net effens af en verby die kakelyn
• Blosser helder onmiddelik enige gesig op en die HANNON Sun Kiss Blusher lyk so natuurlik
• Die HANNON Duo Eye Shadow is die perfekte oogskadu om kinderlike sprankel in oë uit te bring
• Wend die ligte skakering oor die boonste ooglid: vanaf die wimpers tot by die wenkbroue. Dit laat die oë sprankel en toor enige kantoormoegheid weg.
• Die donker skakering bring die oogkleur uit. Wend dit aan die boonste ooglid en versprei dit oor die hele oogbal, tot by die waai van die oog.
• Vir drama, trek ek ‘n lyn, met die HANNON Black Gel Eye Pencil net op die boonste ooglid om die oogvorm opwaarts te draai. Versprei dit effens.
• Vir groter, onskuldige oë, trek ek ‘n lyn aan die binnekant van die ooglid met die HANNON White Gel Eye Pencil.
• Die HANNON Black Semi Permanent Liquid Eyeliner, wat water- en smeerbestand is, is enige vrou se beste vriend, hetsy in die raadsaal of op ‘n springkasteel.
• Vir n sagte, subtiele kleur, gebruik die HANNON Plumping Lipgloss, en geniet die ekstra voordeel van lippe wat effens voller uitplomp.
• Om te sorg dat jou grimering die hele dag douvars bly, spuit so 3 spuite HANNON Moisture Seal grimeerseëllaar oor jou gesig as die laaste stap in jou velsorgroetine.

Haarstileringswenke

Vir die gesofistikeerde voorkoms, wat minder styf en formeel is

• Vir ‘n stylvolle maar informele haarstyl gebruik net jou vingers, maar as jou hare dik is en vinnig plat val het jy ‘n volume booster nodig, want dan staan alles maklik op.
• Vir jou hare om bo-op jou kop te laat opstaan, masseer ‘n teelepelgrootte van die HANNON Liquid Crystal Styling Gel, ‘n kragtige volumebooster, lekker in die kopvelgedeelte in.
• Begin dit droog te blaas met jou vingers en ‘n sterk haardroër.
• Vir hoogte lig net die hare op en weg van die kopvel
• En waar dit moet platlê, kam dit met jou vingerpunte in die rigting van die haargroei.
• Hierdie styl is nou gesofistikeerd vir werk. Maar hier is ’n lekker mal wenk vir ‘n meer prettige voorkoms: jy het ‘n sterk haarsproei soos die Style Freeze Firm Hold Hairspray nodig
• Skakel jou haardroër op volspoed. Blaas jou hare langs die kante en agter in ‘n opwaartse rigting terwyl jy haarsproei so in die haardroeërwind spuit.