Die miniatuur Schnauzer is in die top 10 gewildste honderasse in ons land. Hierdie lewendige oulike klein hondjies is klein genoeg om op jou skoot te kan sit en groot genoeg om die rowwe speletjies saam met die kinders te kan geniet. Maar hulle is ook hoog op die intelligensie lys, so sal alle opleiding en hondesporte ook geniet.Die Bullmastiff het ‘n lang geskiedenis van oppas en beskerm. Hierdie groot honderas is getrou aan sy gesin en ‘n definitiewe gevaar vir enige een wat hulle bedreig. Omdat hulle groot genoeg is om ‘n man te kan plattrek, het hierdie honde definitief opleiding nodig en iemand wat weet hoe om hom te hanteer.
Vandag se kat ras is weer een met ‘n lekker bos hare. Die La Perm is juis vernoem na die permanente glowing proses vir hare wat maak dat hulle ‘n pofferige haredos ronddra. Spelerige katte met ‘n mooi geaardheid.
Dan gesels ons weer met dieregedragkundige, Dr Quixie Sonntag, oor wat mens alles in gedagte moet hou voordat jy ‘n troeteldier aanskaf en ook watter vrae om jouself te vra voor jy besluit watter dier om aan te skaf. ‘n Insiggewende en stof-tot-nadenke insetsel oor die toewyding wat jy maak aan ‘n dier wat nie kon kies of hy deel van jou huishouding word, of nie.
Kyk na foto's van die episode.






