Sabie skud sy vere reg vir die Groot Makietie



Uiteindelik is die kat uit die sak en Sabie is na ‘n hewige stryd as vanjaar se Dorp van die Jaar-wenner aangewys. Dié dorp is die trotse wenners van R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET en net soveel van Rapport. Op 25 Augustus word daar ’n groot makietie op Sabie gehou, waartydens onder andere twee ingangsborde onthul sal word.

Mense van heinde en ver word genooi om vir so min as R30 vir volwassenes en R10 vir skoolkinders by Laerskool Sabie vanaf 13:00 tot laat te kom makietie hou. Dit beloof om ‘n feestelike dag te wees met trompoppies, tradisionele steweldansers, perderuiters, stalletjies en ook ‘n prys vir die persoon wie se fiets die beste tema uitbeeld!

Kunstenaars:
Om 18:00 skop die konsert af met die groep Adam, daarna kom Emo Adams aan die beurt en Juanita du Plessis sal vanaf 20:00 op die verhoog wees. Kwêla is bevoorreg om die eerste te wees om Woensdagaand Adam se splinternuwe musiekvideo te wys. Kyk uit daarvoor!

Klik hier vir die feesprogram.