Bruilof: 21 Augustus 2012 foto’s



Ons kuier by die Weskussers van die Strandkombuis en weeg die voor- en nadele van ‘n strandtroue op. Izette Carinus van Leipzig wys haar slag met blomme van alle kleure en geure terwyl Louise ‘n ánder geur navolg tot in die aromatiese kospotte van Food Fanatics. Sebastine Pepler deel ‘n paar goue grimeerwenke en die span van Five Seasons maak ons ‘n bietjie touwys oor die moets en moenies van troudagvermaak.