Dis vrouemaand en om dit te vier, gesels ons oor ‘n kwessie wat alle vroue raak – verhoudings en seksualitiet. Vrae oor die verskil in sienings oor seks tussen mans en vrouens, trou of saambly en wat die belangrikste eienskappe in ‘n verhouding is, is van die temas wat ons bespreek.Ons gesels met die bekende sangeres Sonja Herholdt wat deesdae ook motiveringspraatjies vir vroue hou en Dr Elna Rudolph, ‘n mediese dokter en seksuoloog van Pretoria.






