Carike Keuzenkamp het ’n paar maande gelede weens die gevaar van borskanker ’n tweede mastektomie ondergaan. Dié sangeres gesels in ’n openhartige onderhoud met Rozanne oor hoe dit haar menswees, en haar vrouwees, raak.