Lindie praat oor traumatiese kinderdae



Lindie Stander het in Sondag (12 Aug) se Rapport eksklusief vertel hoe haar pa homself gehang het toe sy 'n kind was en dat sy as sewe-jarige meisie twee jaar lank gemolesteer is.

Sy vertel: "Dit was ’n familielid aan my stiefpa se kant. Ek was ’n regte rabbedoe en wou saam met die seuns speel. Hy het voorwerpe in my opgedruk en gesê as ek iemand daarvan vertel, mag ek nie weer saam met hulle speel nie."

Sy het die afgelope jaar drie keer probeer selfmoord pleeg, want sy “wou en kon net nie meer aangaan nie”.

Die storielyn waarin haar karakter, Elise, ook as kind gemolesteer is, het ou sere oopgekrap. “Ek het ingestem om dit te doen. Maar ek het nooit besef dit gaan my so erg terugneem na my eie kinderjare nie. Ek moes elke dag die vernedering en die skuldgevoelens beleef en herleef.”

Maar sy sê sy sien nou weer kans vir die lewe.

Sy wil teruggaan verhoog toe, ’n boek skryf, aanbiederswerk en stemwerk doen en boonop haar eie geselsprogram begin.

“Ek wil Suid-Afrika se Ellen (DeGeneres) word. Gelukkig was dit nog nooit nodig om uit die kas te klim nie. Almal het maar altyd geweet.”

Lees die volledige artikel op Rapport se webwerf deur hier te klik.