Kyk net so ‘n mini-perdjie!



Hierdie week ontmoet ons 2 honderasse : die Saluki en die Amerikaanse bulhond.

Die Saluki is ‘n baie ou jagtersras en ook een van die vinnigste honde op aarde.  Die Bedouine het hulle saam op die kameel laat ry en wanneer prooi dan gesien is, is die hond afgegooi en die prooi ingehardloop.  ‘n Interessante en antieke honderas, wat vir homself dink en werklik pragtig is, met ‘n adelike en bietjie neus-in-die-lug houding.

Die Amerikaanse bulhond is nader aan die oorspronklike bulhond wat voorkoms aanbetref as sy meer bekende Engelse neef.  Ons kuier op ‘n olifant bewaarplaas waar hierdie honde tussen hierdie massiewe diere grootword en heerlik in die veld baljaar.

Dan ontmoet ons weer een van die “en Kie” diere – die miniatuur perd.  Hierdie is nie ‘n ponie nie, maar wel ‘n baie klein weergawe van ‘n ‘gewone’ perd.  Hulle is oor die algemeen rustig en word geteel vir temperament, omdat hulle kinder vriendelik moet wees.  Oulike klein goedjies!

Ons kuier ook by een van ons land se voorste veeartse – Dr Tim Krafft – om uit te vind oor stamsel terapie vir diere.  Dr Krafft het hierdie mediese prosedure in Suid-Afrika gevestig, en die eerste resultate grens amper aan die ongelooflike.  Sien is glo!

Kyk na foto's van die episode.