Sabie is die Dorp van die Jaar!



Baie geluk aan Sabie in Mpumalanga, wat as die wendorp in Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie aangekondig is!

In 12 Augustus se Rapport koerant is die volgende uitslae gegee:

Sabie het met 71 902 stemme die eerste plek verower, gevolg deur Lady Grey (64 677 stemme) en dan Prins Albert (62 759).

Clarens is in die vierde plek en Walvisbaai vyfde.

Die topvyf dorpe het elkeen méér stemme gekry as verlede jaar se wendorp, De Rust, wat in 2011 net oor die 39?000 stemme gekry het.

Vanjaar is meer as dubbel soveel geldige stemme as verlede jaar uitgebring, met 338 031 geldige stemme vir 2012 – en dit net in die eindronde.

Die volledige uitslag is:

Sabie: 71 902
Lady Grey: 64 677
Prins Albert: 62 759
Clarens: 49 184
Walvisbaai: 47 643
Schweizer-Reneke: 14 680
Hoedspruit: 11 794
St. Lucia: 8 006
Kathu: 7 386

Lees die volledige berig op Rapport se webwerf deur hier te klik.