Saktyd is kykNET se nuwe werklikheidsreeks wat op 17 Julie om 19:30 begin en waarin Suid-Afrika se grootste gesinstydskrif, Huisgenoot, in samewerking met kykNET, gaan soek na ‘n persoon wat wil uitstyg in die harde wêreld van die media.Die dertien finaliste wat dit sal uitspook in allerlei relevante uitdagings om hierdie gesogte pos los te slaan is tussen 18 en 41 jaar oud, lief vir woorde, kreatief, kan op hul voete dink, is nuuskierig, en honger vir ‘n loopbaan in die media. Die groep bestaan uit entrepreneurs, kopieskrywers, sakelui en selfs ’n kinderoppasser!
Besoek die Saktyd webblad en leer ken die deelnemers beter - klik op 'profiele'.






