Hierdie kat lyk baie soos ‘n uil!



Die Basenji is ‘n oerras uit Afrika, en het vele snaaksighede wat hom onderskei van die Europese rasse.  Hierdie medium grootte jaghonde is onafhanklik, energiek en definitief ‘n tropdier.

Die Scottish Fold is ‘n kat ras wat amper soos ‘n uil lyk met hulle platgevoude oortjies.  Hierdie is vriendelike en spelerige katte en die klein katjie wat ons afgeneem het is seker een van die oulikste goedjies wat ons nog gesien het!

Ons vind ook uit wat die moets en moenies is wanneer jy besluit om ‘n vistenk in jou huis te begin.  Aarde, maar daar is BAIE verskillende soorte vissies!  Ons is nou almal lus hiervoor, maar ek weet sowaar nie hoe mens kies wat om te koop en wat om te los nie.

Dan ontmoet ons vir Scarlett – die Staffordshire Bull Terrier wat laas jaar se dans kampioen was.  Scarlett en haar eienaar het Suid-Afrika vroeer vanjaar by Crufts verteenwoordig, en ons gesels oor hierdie groot ondervinding.

Die Swart Russiese Terrier lyk baie soos die Bouvier des Flandres, en het ook dieselfde rustige geaardheid.  Hierdie was een van die honderasse wat ons beindruk het met hulle sagte en liefdevolle geaardheid.  Hulle is groot honde en uitstekende huismaats vir mense wat daarvan hou om hulle troeteldier heeltyd by hulle te hê.

Kyk na foto's van die episode.