Majorie – GrimeerwenkHoe om groen oogskadu perfek aan te wend.
• Nadat jy jou onderlaag en so ‘n tikkie blosser aangewend het, gaan jy nou al die fokus op jou oë plaas.
• Kies altyd ‘n oogskadu-palet met twee skakerings van dieselfde kleur. Vir hierdie voorkoms is die HANNON DUO EYSHADOW FOR GREEN EYES perfek.
• Die ligte skakering wend jy aan oor die hele ooglid.
• Die donkerder skakering wend jy in die waai van die oog aan, en ook op die boonste ooglid.
• Verbind nou hierdie twee areas met ‘n driehoek-effek aan die buitehoek van die oog.
• Dieselfde donker skakering word ook soos ‘n oogomlyner, onder die oog, herhaal.
• Vir meer trefkrag, rond altyd jou oë af met die HANNON SUPER LASH MASCARA.
Majorie – Haarstileringswenk
‘n Opstaan haarstyl vir chemies reguitgemaakte hare.
• Vir die mooiste opstaanstyl gaan jy getroue HANNON LIQUID CRYSTAL STYLING GEL gebruik om jou hare mee droog te blaas.
• Om jou haarstyl ferm te beheer, masseer ‘n teelepel grootte van hierdie stileermiddel deur jou nat hare.
• Kam nou jou styl soos jy dit visualiseer en begin dit droogblaas met ‘n ronde borsel en haardroër.
• Die afronding is net so belangrik soos die droogblaas. Jou hare kan óf netjies en gesofistikeerd wees, of dalk meer sportief. Vandag gaan ons dit sportief maak.
• Die HANNON SPIKER GEL WAX is ontwikkel om jou haarstyl ‘n blink-waks-voorkoms te gee, maar dit raak kliphard droog soos ‘n gel vir ‘n styl wat sommer heeldag hou.
• Druk ‘n druppel in jou hande, vryf dit warm en werk die gelwax deur die haarpunte.






