Tuine en Tossels: 8 Augustus 2012



Purple Trumpet Gastehuis
Suid Afrika se nuut verkose eendag-krieketkaptein, AB De Villiers, is 'n man van vele talente.  Behalwe vir sy kolfwerk, paaltjiewagter vermoë en sangtalente, het die man ook 'n slag om ou plekke mooi te maak. AB en sy familie het 'n ou huis in Brooklyn, Pretoria, gekoop en dit in 'n stylvolle gastehuis omskep.  Ons het gaan inloer en sy familie van nader leer ken.

Wenk: ringhouer
Elandri het weer die winkels ingevaar en hierdie keer het sy iets vir die dames se juweliersware gekry. Kom ons gaan hoor!

“Double dig”
So 'n rukkie terug het ons 'n tuinkenner vanaf Hartebeespoortdam ontmoet wat 'n kliënt gehelp het met haar groot tuin.  Tydens ons kuiertjie het sy verwys na 'n proses genaamd "double digging" wat volgens haar die goue reël is vir tuinmaak.  Ons loer weer by Corrie in om uit te vind wat hierdie proses presies behels.

Plante: Hebe ‘Sunset Boulevard’
‘n Nuwe plant in jou tuin beteken ook dat daar 'n tikkie ekstra detail tot jou tuin toegevoeg is.

Leon Kluge se vertikale tuin
Net soos Diarmud Gavin ‘n bietjie van n ‘tuinmaakrebel’ is, so ook is Leon Kluge.  Jy weet daar sal iets nuuts in sy skoutuin wees.

Organiese mark
Die heerlike wintersonnetjie was ideaal vir hierdie uitstappie.  Ons het gaan kyk wat alles by die organiese mark in Bryanston gebeur en soos gewoonlik was ons uit ons sokkies bederf!