Suzette se wenke: 27 Julie 2012



Suzette – Grimering

HANNON Grimeerwenk

Grimering wat jou oë sal ophelder.

• Die perfekte oogskadu hiervoor is die HANNON DUO EYSHADOW FOR BLUE EYES. Gebruik altyd die ligste kleur van die twee blou oogskadu skakerings.
• Wend dit regoor die ooglid en ook ‘n dun lyntjie onder die oë.
• Die HANNON SEMI-PERMANENT LIQUID EYELINER – kom net op die boonste ooglid, reg bo die wimpers vir verdere definisie.
• Om jou oë groter en ook die wit varser te laat lyk, trek ’n lyn met ‘n wit gel-oogpotlood, die HANNON WHITE GEL EYEPENCIL aan die binnekant van die onderste ooglid.
• En al wat nou nog kort is ‘n swart mascara soos die HANNON SUPER LASH MASCARA.
• Die HANNON CORAL PLUMPING LIP GLOSS helder jou glimlag op en is tans hoog in die mode.
• Laastens spuit jy so drie spuite van die grimeerseëlaar HANNON MOISTURE SEAL op jou gesig om jou grimering vir die hele dag vars te hou.

Suzette – Haarstileringswenk

Hoe om krulhare vinnig en maklik reguit te blaas.

• Die HANNON ANTI-FRIZZ BLOW STRAIGHT LOTION is ‘n gladblaaswonderwerk. Dis spesiaal ontwikkel om krulhare vinniger en makliker uit te blaas.
• Drup ‘n paar druppels in jou hande en masseer deur jou krullebol terwyl dit nog papnat is.
• Kam dit nou deur jou hare en sien hoe die krul nog verder verslap.
• Die helfde van jou probleem is nou opgelos.
• Dit is die beste om krulhare van voor af te begin droogblaas want, hier is dit gewoonlik die krullerigste.
• Daarvoor het jy ‘n groot ronde borsel en ‘n baie kragtige haardroër, op volle hitte, nodig.
• Blaas dan jou hare droog soos gewoon, vir gladde reguit maklik beheerbare hare.