Chantel se wenke: 27 Julie 2012



Chantel – Grimering

Hoe om pigmentvlekke of donker sproete te verbloem.

Permanente grimering help as die tyd min is. Maar ongelukkig is daar niks permanent vir sproete en pigmentasievlekke nie. En ’n perfekte vel is tog iets wat elke vrou begeer.

HANNON Grimeerwenk

• Vir ekstra bedekking van pigmentasievlekke of donker sproete gaan jy twee verskillende onderlae benodig van dieselfde nommer.
• Wend eerstens die HANNON FULL COVER LIQUID FOUNDATION aan. Dis olievry en vorm ’n stewige basis, jy kan dit sommer met jou vingers aanwend.
• Daarna volg die HANNON TWO-IN-ONE POWDER FOUNDATION bo-oor vir ’n porseleinafwerking.
• Die HANNON SUN KISS BLUSHER gee ’n natuurlike sonbrandkleur aan jou wange, en dit sonder die son.
• Wend dit in sirkelbewegings aan oor jou wangbene, neus en ken.
• Jy kan dit selfs as oogskadu gebruik, verander net die grootte van jou kwassie.
• Nou kort jy net ‘n laag van die swart HANNON SUPER LASH MASCARA wat smeer en waterbestand is

Chantel – Haarstileringswenk
Hoe om volume en beweging in reguit hare te kry.

Hiervoor gaan jy meer as een stileerproduk nodig kry. Eerstens benodig jy ‘n produk om die hare dikker te maak en tweedens het jy ‘n krul aanvuller nodig wat sal help om hierdie reguit hare meer krulbaar te maak.

• Eerstens spuit jy so 10 spuite van die HANNON MORE HAIR VOLUMISING MIST haarverdikker op jou hare.
• Dan voeg jy ‘n teelepel krul aanvuller, soos die HANNON LIQUID CRYSTAL STYLING GEL by. Masseer dit in die kopvel en kam dit deur tot op die haarpunte vir eweredige verspreiding.
• Vir maksimum volume, maak eers jou hare net met jou vingers en ‘n haardroër, droog.
• Trek die hare effens weg van die haarwortels sodat dit van die kopvel kan wegstaan. Jou hare sal dan drie keer die oorspronklike dikte vertoon.
• Om krul en beweging in jou hare by te voeg, kan jy ’n ronde borsel gebruik.
• Al wat nou oorbly is om die hare agter en langs die kante op dieselfde manier uit te krul met die ronde borsel en haardroër.
• Laastens trek jy net die haarstyl mooi in plek.