Bruilof: 7 Augustus 2012 foto’s



In die loots-episode van díe sprankelende nuwe reeks bewonder Louise van die besonderse skeppings in trourokontwerper Elizabeth Stockenstrom se ateljee, en Johan Louw ontwerp vir mede hoofaanbieder Jacinda ‘n verloofring. Christine Meintjies verskyn vir ‘n wyle vóór die kamera en gee advies oor troufotografie, terwyl Jacinda nie anders kan as om ‘n happie van Kanya Hunt se ryk en dekadente troukoeke te proe nie. Ons finansiële guru Anria staan nader om 'n paar begrotingswenke te deel, voor ons by Webersburg uitspan en tuur oor die asemrowende landskap.