SleepTV: ATKV Natalia



Ons vat koers in die rigting van die gewilde ATKV Natalia oord in KZN. Dis ‘n opwindende reis deur die Van Reenen’s Pas en daar word gepraat oor sleep stabiliteit en veiligheid. Oppad stop ons by die kleinste kerkie in ons land, besoek die Midmar Dam en loer in by ‘n paar ander interessante plekke. Plus John-Henry en Rianette kyk na mede-slepers se kampgedoentes.