Kyk ‘n Biekie



Kyk ‘n Biekie is ‘n dokumentêre- of werklikheidsreeks van twee musikante, Wilmare Rautenbach en Johan Oberholzer, wat ‘n duet groep begin het met die naam ‘Hulle’. Die program gee kykers die geleentheid om te sien wat agter die skerms gebeur tydens die maak van ‘n album. Van liedjies skryf en opneem tot fotosessies en kuiersessies, asook alles wat tussen-in gebeur om uiteindelik die album vry te stel.

Die reeks wys hoe betrokke ‘n kunstenaar kan wees met die maak van ‘n album, maar ook hoe goeie vriende hul droom ‘n werklikheid maak.

Dinsdae @ 22:00; Vrydae @ 03:00 en 13:30.